Oudtshoorn Courant

Britz as wenner gekroon

- LIEZL VAN NIEKERK

Nadia Britz, eienaar van Pro Academy Dansskool in Oudtshoorn en GrootBrakr­ivier, is verlede week as die wenner van die Woman in the Arts and Culturekat­egorie in die Woman of Stature Awards South Africa 2024 aangewys.

Sy is verlede jaar vir dié gesogte toekenning genomineer. Die toekenning­sgeleenthe­id is 'n platform wat die prestasies en bemagtigin­g van vroue op verskeie terreine vier.

Britz het oor die afgelope 13 jaar 'n geweldige impak in die gemeenskap gemaak deur tot verskeie liefdadigh­eidsorgani­sasies by te dra en haar passie vir dans met baie te deel.

"Ek voel geweldig bevoorreg en regtig blessed om hierdie toekenning na Oudtshoorn te bring. Dit motiveer my om my beste te doen en om aan te hou met die werk wat ek doen. Ek het regtig nie verwag om te wen nie," vertel sy.

Haar akademie bied dansklasse aan vir kinders drie jaar en ouer. Sy glo dat dans 'n instrument is om positiewe veranderin­g teweeg te bring.

Luidens 'n verklaring wat deur Woman of Stature-toekenning­s SuidAfrika

2024 uitgereik is, erken hulle nie net die individuel­e prestasies van die kategoriew­enners nie, maar ook die kollektiew­e uitnemendh­eid van al die finaliste.

Nadat die deelnemers verskeie werkswinke­ls bygewoon het, het meer as 80 genomineer­des deur 'n strawwe beoordelin­gsproses gegaan, ge-oudit deur MGI RAS, voordat hulle as die kategoriew­enners gekies het. Britz was een van vyf finaliste in haar kategorie.

Charlotte du Plessis, uitvoerend­e hoof van die Woman of Staturetoe­kennings Suid-Afrika 2024, het gesê die deelnemers se prestasies is 'n voorbeeld van die gees van vroulike bemagtigin­g en dien as skitterend­e voorbeelde van wat bereik kan word deur vasberaden­heid, passie en veerkragti­gheid.

Elke kategoriew­enner ontvang die baanbreker KimEveritt Coach Counsellor-sertifikaa­t van The NeuroCoach & Mentor Institute, 'n geskenk van Sabine G Health & Beauty Academy en 'n koopbewys van Blueberry Beacon Family Restaurant, Indaba Hotel of Peermont D'oreal Grande Hotel by Emperors Palace.

 ?? Foto verskaf ?? Nadia Britz tydens die toekenning­sgeleenthe­id.
Foto verskaf Nadia Britz tydens die toekenning­sgeleenthe­id.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa