Oudtshoorn Courant

Derde Jeugmark in Ladismith aangebied

- LIEZL VAN NIEKERK

Ladismith in die Klein-Karoo bied op 19 Junie hul derde Klein-Karoo Ladismith Jeugmark aan.

Volgens Carien Meyer, die stigter van die mark, vorm die mark deel van Jeugmaand en die wintervaka­nsie.

Meyer vertel dat sy en haar gesin 'n paar jaar gelede van Somerset-Wes af na Ladismith getrek het, en sy het gesien dat daar nie veel geleentehe­de is vir kinders om sakgeld te verdien of hul talente ten toon te stel nie.

"My kinders is kreatief en kry nie sakgeld nie, ons glo hulle moet dit verdien. Ek het toe besluit om die mark te begin sodat my kinders 'n geleenthei­d kan kry om hul kreatiwite­it te deel, en om sakgeld te verdien. Ek het gedink dat dit vir die res van die gemeenskap se kinders ook kan lekker wees, en het dit toe vir hulle oop gemaak. Die eerste keer was 'n groot sukses en was op 'n koffiewink­el se voor- en agterstoep gehou. Jaar twee het ons 'n groter venue nodig gehad," vertel sy. Meyer sê dat dit 'n

spesiale geleenthei­d vir die jeug is waaruit hulle ervaring kan opdoen en leer. "Al die verkopers is 21 jaar oud en jonger. Die kwaliteit en verskeiden­heid produkte wat te koop aangebied word, sal by alle ouderdomme en smake aanklank vind. Verlede jaar het die mark unieke geskenke, dekor, velsorg, blomme, plante, klere, boeke, kaartjies en natuurlik genoeg te ete en te drinke vertoon. Deelnemers het gewissel tussen ouderdomme 7 tot 19 jaar oud, en van so ver as Villiersdo­rp, Albertinia en Laingsburg gekom."

Volgens haar is die inskrywing­s vir hierdie jaar reeds oop sodat die entreprene­urs genoeg tyd het om te beplan en voor te berei. Die organiseer­ders poog ook om dupliserin­g van produkte te beperk om te verseker dat die entreprene­urs die beste kans kry om 'n suksesvoll­e dag te hê.

Deur die maande wat tot die mark lei, ontvang deelnemers nuttige wenke en raad, en elkeen sal ook daarna 'n deelnamese­rtifikaat ontvang.

Vir meer inligting en inskrywing­svorms, kontak Carien Meyer by cariencm@ gmail.com of volg hulle op Facebook by Ladismith Jeugmark Wednesday 19 June 2024 en Instagram by @jeugmark20­24.

 ?? Foto verskaf ?? Twee van die entreprene­urs spog met hul produkte.
Foto verskaf Twee van die entreprene­urs spog met hul produkte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa