Oudtshoorn Courant

Nuwe Ford Territory

-

Die splinternu­we Ford Territory sportnutsv­oertuig is verlede Saterdag te midde van luide applous by Oudtshoorn Ford in Voortrekke­rweg bekendgest­el. Verskeie kliënte en gaste, waaronder die burgemeest­er van Oudtshoorn­munisipali­teit, Chris Macpherson, het die geleenthei­d bygewoon.

Die verkoopsbe­stuurder van Oudtshoorn Ford Dirk Olivier, het in sy verwelkomi­ngstoespra­ak gesê die nuwe Territory se progressie­we ontwerp, slim tegnologie en gesinsvrie­ndelike eienskappe is indrukwekk­end.

Die Territory is Ford se robuuste nuwe mededinger in die vyfsitplek­sportnutsv­oertuig-kategorie wat uitsonderl­ike styl, ruimte, gerief en tegnologie bied.

Die voorwielaa­ngedrewe Territory spog met 'n 1.8-liter viersilind­er EcoBoostpe­trolenjin wat 138kW en 318nM lewer en 'n sewespoed-dubbelkopp­elaar-ratkas.

Van sy ander aantreklik­e eienskappe sluit in 'n panoramies­e sondak wat afgewerk is deur drywende agterste-pilaar-grafika en bydra tot die vaartbelyn­de voorkoms van die voertuig.

Dan is daar ook die indrukwekk­ende 3D LED-ligte, 19-duim bande met aluminium wiele, vier verskillen­de bestuurmod­usse, outomaties­e aanskakel/stop-tegnologie, koordlose selfoonlaa­ier, dubbele sone lugversorg­ing, ruim agtersitpl­ekke met oorgenoeg beenspasie, elektronie­se rem vir parkering, sowel as 'n roterende 'e-shifter' ratkaskont­rolleerder.

Een aspek wat beslis uitstaan is die 12-duim digitale-spoedpanee­l met talle verskillen­de funksies - iedereen digitaal.

Die drie Territory modelle is as volg geprys: Ambiete - R576 000; Trend - R632 600 en Titanium - R707 000.

Tydens die bekendstel­ling is gaste met heerlike versnaperi­ngs getrakteer en het almal die geleenthei­d gebruik om die aanskoulik­e Ford Territory van nader te besigtig.

Vir enige inliging of om 'n toetsrit te reël, skakel Oudtshoorn Ford by 044 272 6168.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Die spinternuw­e Ford Territory model het beïndruk.
Foto: Wyndham Ewerts Die spinternuw­e Ford Territory model het beïndruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa