Oudtshoorn Courant

Kaskarre sorg vir groot opwinding

- WYNDHAM EWERTS

Die kaskar-wedrenne wat die afgelope Saterdag in Rose Bank-woonbuurt plaasgevin­d het, het vir groot opwinding in die plaaslike gemeenskap gesorg. Hierdie resies is 'n inisiatief van kapt. Riaan Groenewald­t en sers. Mable Lewendal van die Oudtshoorn-polisie (sektor 1).

Volgens Groenewald­t is die lengte van die bult waar die resies plaasgevin­d het, sowat 800m in totaal alhoewel die wenstreep by die 250m merk was om genoeg ruimte te gee om te stop.

Altesaam 40 ryers het deelgeneem wat ook drie dames ingesluit het. Die verrigting­e het vanaf 09:00 tot 13:00 geduur en is begin deur die burgemeest­er van Oudtshoorn, Chris Macpherson wat die ryers amptelik afegesit het.

Dis veilig om te sê dat meer as 600 toeskouers die wedrenne met groot belangstel­ling aangepor het terwyl die kleintjies met elke wedren agter die ryers gesketter het uit pure uitbundigh­eid. Groewaldt sê dat die idee by hulle posgevat het toe hulle onlangs patrollie deur die buurt gery het en gesien het hoe die manne in 'n treintjie op die kaskarre ry. "Omdat ek 'n groot aanhanger van die Simola Hill Climb is het ek gedink dis 'n goeie idee om ook hierdie kinders soortgelyk­e blootstell­ing te gee wat in iets konstrukst­ief, opbouend en opwindends kan ontaard.

Die talent en vaardighed­e waarmee die manne hierdie kaskarre aandurf en bestuur spreek boekdele van hul ingesteldh­eid en die hele gemeenskap kan op die einde van die dag hierby baat as 'n mens kyk na die langtermyn impak."

Groenewalt­d sê verder dat daar heelwat planne is om die kaskar-wedren na die volgende vlak te neem, maar dit sal eers later bekend gemaak word, het hy gesê. Al wat hy bereid was om te verklap was dat ander buurte ook betrokke gaan raak.

Groenewald­t het EdenFM, Alert Patrol, MG Waters, Pick 'n Pay, Super Quick en Timbercity vir hul borgskappe en betrokkenh­eid bedank.

 ?? ?? Die kinders van Rose Valley hardloop uitbundig die volle sowat 800 meter saam met die ryers.
Die kinders van Rose Valley hardloop uitbundig die volle sowat 800 meter saam met die ryers.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Burgemeest­er Chris Macpherson sit die ryers by die beginpunt af.
Foto’s: Wyndham Ewerts Burgemeest­er Chris Macpherson sit die ryers by die beginpunt af.
 ?? ?? Die ryers sleep hul vuurwaens na die helling om weer te ry.
Die ryers sleep hul vuurwaens na die helling om weer te ry.
 ?? ?? Pure lekkerte en ekstase op die manne se gesigte.
Pure lekkerte en ekstase op die manne se gesigte.
 ?? ?? Die ryers sê mekaar die stryd aan.
Die ryers sê mekaar die stryd aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa