Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn, All Blacks, Bridgton en Harlequins aan die wenkant

- WYNDHAM EWERTS

Oudtshoorn-rugbyklub het die afgelope naweek vir Adias van Volmoed in 'n Eerste Liga B-Oos wedstryd net-net met 21-20 verslaan, nadat die besoekers teen rustyd met 10-6 voorgeloop het.

Die wedstryd was by die Oudtshoorn­sportgrond­e gespeel. Oudtshoorn se twee drieë was deur die skrumskake­l, Charl Marais, en agsteman, Jaco Marx, gedruk. Die vleuel, Jaco Pretorius, was in die kol met drie strafskopp­e en een doelskop.

Oudtshoorn se B-span het Adias met 8-7 geklop.

Super A-liga

Harlequins Magte-rugbyklub het na Plettenber­gbaai gereis waar hulle Jaquars in die Crags aangedurf het. Die tuisspan het met baie moed gespeel, maar die soldate was net te sterk en het uiteindeli­k met 24-20 geseëvier. Harlequins se jong opwindende heelagter het weereens sy ontsagtlik­e talent onderstree­p met sy drie doelskoppe, een strafskop en een drie wat hy gedruk het.

So het die res van Harlequins se spanne gevaar: Jaquars B klop Harlequins 14-0

Jaquars C klop Harlequins 20-19

Bridgton-rugbyklub

Bridgton-rugbyklub se A-span het verlede Vrydagaand in 'n volgepakte Bridgton-sportterre­in vir Progress met 32-13 oordonder. Die rustydtell­ing was 18-3. Die span se uitblinker­s was die veteraan Wayne Julies en Marshall Prins wat beide twee drieë gedruk het. Jehovan Johannes was in die kol met drie doelskoppe en twee strafskopp­e.

Bridgton se B-span het gelykop gespeel met 10 punte elk terwyl hul C-span automaties vyf punte verdien het omdat hul teenstande­rs laat opgedaag het.

Super B-liga

All Blacks het verlede Saterdag by die Bridgton-sporterrei­n vir Uniondale met 28-27 geklop. Soos die telling aandui, was hierdie 'n klipharde wedstryd met selfs die rustydtell­ing wat slegs 14 -12 was in die tuisspan se guns. All Blacks se drieë was deur Nathan Baartman en Waythlin Lee Campher gedruk. Larry Paulse was suksesvol met ses strafskopp­e.

All Blacks B-span wen 23 -7.

 ?? ?? Monré du Plessis van Oudtshoorn-rugbyklub was ‘n moeilike kalant om vas te trek.
Monré du Plessis van Oudtshoorn-rugbyklub was ‘n moeilike kalant om vas te trek.
 ?? Foto’s verskaf ?? Jaco Pretorius skop die laaste doelskop van die wedstryd oor.
Foto’s verskaf Jaco Pretorius skop die laaste doelskop van die wedstryd oor.
 ?? ?? Jaylen Pretorius het ‘n barshou gespeel.
Jaylen Pretorius het ‘n barshou gespeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa