Oudtshoorn Courant

Neil Hendricks bult sy spiere

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn­iet, Neil Hendricks het verlede Saterdag behoorlik sy spiere gebult toe hy eerste plek in sy heel eerste WesKaapse Sterkman-kompetisie verower het. Die kompetisie is by Langenhove­n Gimnasium gehou en Hendricks het gepronk in die o.80kg novice-afdeling.

Oor sy prestasie sê Hendrick dat hy al vir 'n jaar "sommer vir die pret" spiere bou. "So 'n ruk terug het ek by die YsterGym aangesluit en dis hier waar die eienaar, Graeme, my genader het om aan bodybuildi­ng deel te neem. So het ek sy advies geneem en stelselmat­ig begin vorder met my oefeninge. Powerlifti­ng is maar 'n duur sport met gereelde etes om soveel moontlik calories in te kry omdat ek nie so baie vet wil aansit nie, maar eerder spiere. Die spreekwoor­d sê mos Big Ain't Strong," skerts hy. Hendricks sê sy doelwit is nou om in die nabye toekoms aan die wêreldkamp­ioenskappe deel te neem. Nog 'n Oudtshoorn­iet en 'n bekende in die Sterkmanko­mpetisie, Danovan le Roux, het Saterdag 'n tweede plek ingepalm.

Altsesaam 28 deelnemers, wat ook vroue ingesluit het, het van sover as Rwanda en Zambië ingekryf vir die kompetisie wat vir die eerste keer in Oudtshoorn plaasgevin­d het. Nodeloos om te sê het hierdie gespierde atlete se teenwoordi­gheid groot aftrek en verwonderi­ng onder plaaslike inwoners gelok. Die kategorieë waarin meegeding is was die deadlift, truck pull, log press, medley, sted push, super yolk en die farnes walk.

Een van die organiseer­ders, Shane Jensen, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat vanjaar se kompetisie baie straf was en daar was selfs drie rekords gebreek.

Die groot trekpleist­er van die dag was die Afrika-kampioen, Chris van der Merwe, wat 'n allemintig­e 400kg gewigte opgetel het. Volgens Jensen het Van der Merwe in die verlede al 453kg gelig, maar is die 400kg beslis die swaarste gewig wat al ooit van Oudtshoorn-bodem af opgetel is.

Van der Merwe het die bielie in sy eerste probeersla­g met groot aanmoedigi­ng van die skare gelig. Rekords is deur Jane Swarts (170kg), Vianè Nel (150kg) en Shaun Boshoff (238kg) opgestel.

 ?? ?? Een van die groot trekpleist­ers was die troktrekaf­deling.
Een van die groot trekpleist­ers was die troktrekaf­deling.
 ?? Foto verskaf ?? Oudtshoorn se nuwe kragman, Neil Hendricks, wys sy staal.
Foto verskaf Oudtshoorn se nuwe kragman, Neil Hendricks, wys sy staal.
 ?? Foto’s: Exposure Photograph­y ?? Danovan le Roux in aksie.
Foto’s: Exposure Photograph­y Danovan le Roux in aksie.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Are van vasberaden­dheid.
Foto: Wyndham Ewerts Are van vasberaden­dheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa