Oudtshoorn Courant

SW Vorster nuwe Laurus-skoolhoof

- LIEZL VAN NIEKERK

SW Vorster (33) is eintlik al ge-olie in sy pos as waarnemend­e hoof van Laerskool Laurus, maar na twee jaar en vier maande is hy uiteindeli­k permanent aangestel.

Vorster sal op 1 Julie as permanente skoolhoof oor Laerskool Laurus se drumpel trap, en nie meer as waarnemend­e hoof nie.

Hy het in Cradock in die Oos-Kaap grootgewor­d en by Hoër Landbousko­ol Marlow gematrikul­eer. Hy en sy vrou, Michellé, 'n gr. 2-onderwyser by Laerskool Laurus, woon reeds die afgelope sewe jaar in Oudtshoorn.

"Ek staan elke liewe oggend vir die afgelope sewe jaar in Oudtshoorn op met opgewonden­heid om my kollegas en kinders te sien, so ek weet ek is waar ek veronderst­el is om te wees," vertel hy.

Saam met sy 11 jaar ervaring in die onderwys bring hy oorgenoeg ervaring en passie met hom saam om 'n blywend impak op die skool te maak.

"Om skoolhoof te wees is vir my regtig 'n groot eer. Ons het 'n uitsonderl­ike groep onderwyser­s en hul passie en entoesiasm­e vir elke leerder, maak dit soveel makliker vir my. Ons almal het dieselfde doel voor oë, die kind. Ek hou daarvan om myself uit te daag en soveel as moontlik te leer waar ek kan. Ek dink my passie vir wat ek doen en menseverho­udings het beslis bygedra tot waar ek vandag is. Ek sal geen ander beroep kies nie."

Vorster het 'n sterk visie vir die toekoms van die skool, met die fokus op die geluk en groei van elk van sy leerders.

"My visie vir hierdie pragtige skool van ons is dat elke kind gelukkig sal wees by die skool, en in hul eie uniekheid kan groei. Ons glo daarin om elke leerder by ons op alle vlakke te ontwikkel en voor te berei vir die toekoms. My doel is om Laurus te behou as 'n skool waar kinders nog kind kan wees, maar ook tot hulle volle potensiaal ontwikkel sal word."

Hy beskou onderwys as die platvorm waar wonderwerk­e vir die toekoms gekweek kan word as alle leerders met liefde en deernis hanteer.

"As ons alle leerders so hanteer, sal mense verbaas wees wat jy met hulle kan uitrig. Ek glo daarin dat ons op soveel plekke waar moontlik die saadjies moet plant, al gaan ons nie noodwendig daar wees om te sien hoe die boom groei nie. Ons is so gelukkig om elke dag 'n verskil in iemand se lewe te kan maak, ons moet net kies watter verskil ons wil maak. Om 'n onderwyser te wees is in jou of dit is nie vir jou bedoel nie. Dis nie bloot 'n beroep om jouself besig te hou nie, hier werk jy met die Here se kosbaarste besittings; kinders."

Vorster sê as hy 'n superkrag kon kies wat sy werk makliker kon maak sou hy teleportas­ie kies, want as skoolhoof maak hy altyd 'n punt daarvan om al sy leerders te gaan ondersteun waar moontlik.

 ?? Foto verskaf ?? SW Vorster, saam met sy vrou, Michellé.
Foto verskaf SW Vorster, saam met sy vrou, Michellé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa