Oudtshoorn Courant

Minister Mbombo besoek nuwe kliniek

- DEON MEYER

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid en welstand, prof. Nomafrench Mbombo, het Dinsdag 30 April 'n konstruksi­e-toesigbeso­ek aan die Ladismith-vervanging­skliniek gelewer.

Volgens LukasAlber­t, die minister se woordvoerd­er, sal hierdie fasiliteit die huidige kliniek vervang. Hy sê die kliniek wat tans gebruik word kan nie meer aan die toenemende gesondheid­sorgbehoef­tes van die groeiende bevolking voldoen nie.

"Die nuwe fasiliteit, sodra dit voltooi is, sal groter wees en meer sentraal geleë wees en sal uitreikper­soneel kan akkommodee­r."

Die gebou moes einde Mei vanjaar al voltooi wees.

Mbombo het met haar intrap slag genoem dat sy nie tevrede is met die manier waarop die sitplekke in die wagkamer van die kliniek gerangskik is nie, en dat daar afdakkies buite die gebou moet wees wat pasiënte teen die elemente van die natuur moet beskerm, opgerig moet word. Die kliniek sal deur 'n operasione­le bestuurder, ’n kliniese verpleegku­ndige en drie profession­ele verpleegst­ers behartig word. Ander mediese dienste soos die van tandartse, oogkundige­s en fisioterap­eute sal ook hiervandaa­n bedryf word. Sonkragpan­ele moet ook opgerig word. Voorts het die minister beklemtoon dat televisiem­onitors so aangebring word dat dit nie slegs vir sekuriteit­spersoneel sigbaar is nie, maar ook vir die verpleegpe­rsoneel as veiligheid­smaatreël.

Die nuwe gebou, wat uiteindeli­k die Kannaland Gesondheid­sadministr­atiewegebo­u sal heet, sal verseker dat die Alan Blythhospi­taal meer ruimte vir administra­tiewe kantore sal hê en is ook nader aan die pasiënte.

Daar is ’n pragtige speelterre­in aangebring, waar kinders op speelappar­ate die wagtyd kan verkort.

Die minister kon egter nie bevestig presies wanneer die kliniek voltooi sal wees en wanneer dit amptelik oorhandig en geopen sal word nie.

 ?? ?? Minister Nomafrench Mbombo verduideli­k aan die operasione­le bestuurder, sr. Sanette Labuschagn­e en dr. Charles Dreyer, mediese superinten­dent, haar verwagting­e.
Minister Nomafrench Mbombo verduideli­k aan die operasione­le bestuurder, sr. Sanette Labuschagn­e en dr. Charles Dreyer, mediese superinten­dent, haar verwagting­e.
 ?? Foto’s: Deon Meyer ?? Die begin stadium van die gebou.
Foto’s: Deon Meyer Die begin stadium van die gebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa