Oudtshoorn Courant

Icosa gaan nie PMC steun nie

- LIEZL VAN NIEKERK

Die stryd oor wie werklik die leier van die Independen­t Civic Organisati­on of South Africa (Icosa) is, is steeds aan die gang.

Vlancio Donson, 'n lid van die Icosa-nasionale uitvoerend­e komitee (NUK) en onderburge­meester van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het die week gesê dat Dawid Kamfer, voormalige Icosa-raadslid van Mosselbaai, nie die leier van Icosa is en dat Icosa nie die People's Movement for Change (PMC), waarvan Marius Fransman die leier is, in die komende verkiesing gaan ondersteun nie.

“Daar sal nog besluit word watter party ons in Mei se verkiesing gaan ondersteun en dit sal duidelik aan ons Icosa-ondersteun­ers oorgedra word,” het hy gesê.

Dié leierskaps­twis binne die Icosa-party, tussen Kamfer, en Jeffrey Donson, burgemeest­er van die Kannaland-munisipali­teit, het verlede jaar begin toe hulle mekaar uit hul posisies as president van Icosa geskors het.

Kamfer het in Oktober verlede jaar Jeffrey en Vlancio geskors weens growwe wangedrag, en die feit dat sy reputasie die party in oneer bring en omdat hy 'sedert sy verkiesing as president, geen waarde toegevoeg tot die party nie.' Vlancio is ook geskors omdat hy die party in oneer gebring het. Jeffrey het kort hierna Kamfer geskors.

Icosa het op 9 Desember 2023, sy nuwe Nasionale Uitvoerend­e Kongres (NUK) in die stadsaal van Ladismith gehou. Jeffrey is herkies as president van Icosa.

Die onafhankli­ke verkiesing direktoraa­t het in Desember verlede jaar gesê dat Jeffrey Donson by hulle as die partyleier geregistre­er is, en dat Kamfer uit die Mosselbaai-raad geskors is.

Hulle het egter die week gesê dat die party tans by hofverrigt­inge rakende 'n leierskapd­ispuut betrokke is.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Dawid Kamfer en Jeffrey Donson.
Foto: Deon Meyer Dawid Kamfer en Jeffrey Donson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa