Oudtshoorn Courant

Collegians seëvier oor All Blacks

- WYNDHAM EWERTS

Collegians-rugbyklub se A-span het verlede Vrydag in 'n SWD Super B-liga wedstryd vir All Blacks met 19 - 15 geklop nadat die manne in swart teen rustyd met 15 - 12 voorgeloop het.

Hierdie plaaslike derby het groot getalle toeskouers gelok wat verantwoor­delik was vir 'n feestelike atmosfeer wat regdeur die wedstryd geheers het.

All Blacks het eerste punte aangeteken toe hul linkervleu­el oorgeduik het vir 'n onverdoeld­e drie. Met die inskop het All Blacks se Danovan le Roux 'n drie onder die pale gedruk met Roberto Botha wat suksesvol was met die doelskop.

Beide spelers het verlede jaar nog vir Collegians gespeel. Telling 12 - 0.

Collegians het onmiddelli­k teruggesla­an en met vloeiende samespel tussen die voor- en agterspele­rs, 'n verdoelde drie van hul eie gedruk. Hierdie positiewe spel van Collegians was net die nodige doepa vir hul selfvertro­ue en het hul aanval op aanval geloods.

All Blacks se verdedigin­g is uiteindeli­k getroef wat gelei het tot 'n tweede verdoelde drie vir Collegians. Telling 12 - 12.

Net voor rustyd het All Blacks 'n strafskop oorgeklits wat die rustydtell­ing op 15 - 12 te staan gebring het.

In die tweede helfte het beide spanne verwoed aangeval, maar sonder sukses. Tien minute voor die einde van die wedstryd het Collegians se volgehoue druk vrugte afgewerp en is hulle welverdien­d beloon met 'n verdoelde drie. Telling 19 - 15.

All Blacks het alles in hul vermoë gedoen om die klein agterstand uit te wis, maar tevergeefs.

Collegians se puntemaker­s

Hedley Koelman, Jandrè Murphy en Angelo Oosthuizen het elkeen een die gedruk. Mercavin le Roux het twee doelskoppe oorgeskop. Roberto Botha was in die kol met 'n doel en strafskop.

SWD Eerste liga B-Oos

Oudtshoorn-rugbyklub se A-span het Spring Roses by die Oudtshoorn­sportterre­in met 26 - 20 geklop. Hul B-span was ook met 24 - 10 aan die wenkant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa