Oudtshoorn Courant

F1-renjaer ry ‘n draai in Karoo

- WYNDHAM EWERTS

Die wêreldbeke­nde Finse F1-renjaer, Valtteri Bottas, het verlede naweek die ganse land en die Klein-Karoo behoorlik laat gons met die nuus dat hy in Suid-Afrika en meer spesifiek in Prins Albert kuier.

Hier het Bottas en sy vriendin, Tiffany

Cromwell wat ook 'n pro-fietsryer van formaat is, aan die Swartberg 100-uithoufiet­swedren deelgeneem het met beide wat uitgeblink het.

Bottas, wat vir Foundation Princesse Charlène de Monaco-span gery het, het sy staal dié keer op twee wiele in plaas van vier gewys en in 'n indrukwekk­ende sesde plek geëindig terwyl Cromwell, eerste oor die wenstreep in die vrouewedre­n was. Om sesde in sy ouderdomsg­roep te eindig, beteken dat Bottas nou vir die UCI Fietsry gruis-wêreldkamp­ioenskappe in België kwalifisee­r wat later vanjaar in Oktober sal plaasvind.

Dit wil gedoen wees as 'n mens in ag neem dat die Swartberg1­00-fietswedre­n 'n veeleisend­e 170 km beslaan wat 'n uitdagende klim oor die Swartbergp­as insluit. Hy het ook op sy Facebook-blad aangedui dat sy fietsrykle­re opgeveil sal word ten bate van liefdadigh­eidsprojek­te van die Charlène de Monaco Foundation.

Nuus dat Bottas slegs 'n klipgooi weg is, het soos 'n veldbrand versprei en Jan Alleman op hol gehad met allerhande versoeke, scenarios en die moontlikhe­id van 'n persoonlik­e ontmoeting en selfs 'n foto saam met hom wat 'n realisties­e moontlikhe­id was. Sommige het Bottas uitgenooi vir 'n tradisione­le egte Karoobraai, ander weer vir 'n sappige gatsby terwyl ander hom weer aangemoedi­g om die plaaslike brandewyn met Coke uit te toets.

Selfs sy blonde "mullet" haarstyl het ook groot aanklank by SuidAfrika­ners gevind.

Diegene wat F1-wedrenne volg sal weet dat Bottas sedert 2017 die spanmaat van die sewemalige F1-wêreldkamp­ioen, Lewis Hamilton by Mercedes was. Gedurende sy

loopbaan met Mercedes het hy Hamilton gereeld die spreekwoor­delike gas op die renbaan gegee waar hy altesaam 10 wedrenne en altesaam 58 podium plekke behaal het.

Bottas hou ook die rekord vir die vinnigste spoed in 'n F1 motor op die renbaan; 'n vreesaanja­ende 372,5 km/h wat hy in 2016 se Mexikaanse Grand Prix opgestel het.

Tans is hy gekontrakt­eer by Stake SauberF1sp­an nadat hy vir twee jaar lank by Alfa Romeo was.

Net twee gelede was hy in aksie by die Chinese Grand Prix en sal hy hierdie komende Sondag (5 Mei) weereens agter sy vuurwa by die Miami Grand Prix in Amerika sit.

Dié Grand Prix begin om 22:00 Sondagaand met die toetsritte wat Vrydag (3 Mei) wegspring waarna kwalifiser­ing die volgende dag sal volg.

 ?? ?? Bottas en sy vriendin, Tiffany Cromwell. Foto’s: Johan Badenhorst
Bottas en sy vriendin, Tiffany Cromwell. Foto’s: Johan Badenhorst
 ?? ?? Bottas pak die veeleisend­e klim van die Swartbergp­as aan.
Bottas pak die veeleisend­e klim van die Swartbergp­as aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa