Oudtshoorn Courant

Baartman gekies vir Protea-T20-groep

- WYNDHAM EWERTS

Die Oudtshoorn­iet, Ottniel Baartman, is vandeeswee­k ingesluit in die Protea T2wêreldbe­kergroep wat vanaf 1 tot 29 Junie vanjaar in die Wes-Indiese Eilande en die VSA gespeel sal word. Baartman is 'n oudSWD-krieketspe­ler.

Baartman se insluiting kom as geen verrassing nadat hy 'n suksesvoll­e Betway SA-T20 reeks agter die blad het waar hy geskitter het met die bal. Hy het altesaam 18 paaltjies in agt wedstryde vir die verdedigen­de kampioen Sunrisers OosKaap laat kantel en is tans by die Indiese Premierlig­a (IPL) franchise, Delhi Capitals.

Tesame met Ryan Rickelton is hulle die enigste twee debutante in die groep.

Rickelton het as die voorste lopiemaker in die Betway SA20 geëindig met 530 lopies teen 'n gemiddeld van 58.88 vir MI Kaapstad.

Vanjaar se Protea-T20-span sal deur Aiden Markram aangevoer word.

Die twee boulers, Nandre Burger en Lungi Ngidi sal as reserwes saam met die span reis.

Die Protea-afrigter, Rob Walter, het in 'n verklaring gesê dat die samestelli­ng van die span moeilik was weens die ontsettend­e baie T20-krieket wat tans wêreldwyd gespeel word.

"Ons het 'n paar ongeloofli­ke vertonings van ons spelers in 2024 gesien en dit het my werk inderdaad baie moeilik gemaak. Ek is nietemin trots en vol vertroue dat ons die sterkste moontlike span aangewys het wat ongetwyfel­d elke kans op sukses in die Wes-Indiese Eilande en die VSA het. Ons voorbereid­ing vir die toernooi sal begin met 'n drie-wedstryd T20I-reeks teen Wes-Indiese Eilande. Vir hierdie toer sal ons ongelukkig sonder die meeste van die spelers wees wat tans by die IPL betrokke is. Maar dit bied 'n geleenthei­d vir ander, veral diegene wat uitgeblink het in die CSA T20 Challenge. 'n Kaptein vir die groep sal nader aan die tyd gefinalise­er word."

Die volledige Protea-wêreldbeke­rgroep is as volg:

Aiden Markram (kaptein, Momentum Multiply Titans),

Ottniel Baartman (Hollywoodb­ets Dolphins),

Gerald Coetzee (Momentum Multiply Titans),

Quinton de Kock (Momentum Multiply Titans),

Bjorn Fortuin (DP World Lions), Reeza Hendricks (DP World Lions), Marco Jansen (Dafabet Warriors), Heinrich Klaasen (Momentum Multiply Titans),

Keshav Maharaj (Hollywoodb­ets Dolphins),

David Miller (Hollywoodb­ets Dolphins), Anrich Nortje (Dafabet Warriors), Kagiso Rabada (DP World Lions), Ryan Rickelton (DP World Lions), Tabraiz Shamsi (Momentum Multiply Titans),

Tristan Stubbs (Dafabet Warriors).

 ?? Foto verskaf ?? Ottniel Baartman
Foto verskaf Ottniel Baartman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa