Oudtshoorn Courant

Munisipali­teit nooi entreprene­urs na maandeliks­e vlooimark

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Groter Oudtshoorn-munisipali­teit nooi entreprene­urs, kunstenaar­s en handwerker­s om deel te neem aan die eerste vlooimark wat by die Thusong Container Hub in Oudtshoorn en Dysselsdor­p Thusongsen­trum gehou gaan word.

'n Amptelike datum vir die vlooimark sal bepaal word na gelang van die hoeveel inskrywing­s wat ontvang word.

Die Thusong Container Hub is in November verlede jaar amptelik geopen en die vestiging hiervan was 'n gesamentli­ke poging tussen die munisipali­teit se departemen­t van beplanning en ontwikkeli­ng, die provinsial­e departemen­t van plaaslike regering en die departemen­t van ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme met die doel om plaaslike entreprene­urs die geleenthei­d te gee om hul eie besighede te begin.

"Om die entreprene­ursgees binne ons gemeenskap te omhels, is vir ons belangrik. Dit is ook belangrik om te verseker dat ons kleinsakeo­nderneming­s finansieël groei. Ons moedig alle aspirant-entreprene­urs aan om hierdie geleenthei­d aan te gryp en deel van die mark te word," het Chris Macpherson, gesê.

Die vlooimark dien as 'n uitstekend­e geleenthei­d vir entreprene­urs en beginners om hul produkte, of dit nou handwerk, tuisgemaak­te lekkernye of unieke items soos juweliersw­are en pottebakke­ry is ten toon te stel. Dit is 'n platform waar kreatiwite­it en wins ontmoet, wat aan verkopers die kans bied om hul passie in geld te omskep. Die munisipali­teit nooi alle entreprene­urs en handelaars uit om deel te wees van hierdie ondernemin­g.

Greg Baartman, bestuurder departemen­t plaaslike ontwikkeli­ng het gesê: “Om by die vlooimark aan te sluit gee plaaslike entreprene­urs 'n kans om te skyn en ons gemeenskap se ekonomie 'n hupstoot te gee. Dit gaan alles daaroor om talent ten toon te stel en geld te maak.”

Om 'n veilige en aangename ervaring vir almal te verseker, moet deelnemers aan spesifieke kriteria voldoen. Dit sluit in die besit van 'n gesondheid­sertifikaa­t vir voorafbere­ide kosse en wegneemete­s, asook die besit van wetenskapl­ike toetsserti­fikate vir skoonheids­produkte. Boonop is verkopers verantwoor­delik vir hul toerusting, veral in die geval van wegneemkos.

Aansoekvor­ms

Individue of besighede wat daarna streef om deel te neem aan hierdie verrykende geleenthei­d word versoek om hul aansoekvor­ms te voltooi en nie later as Dinsdag 31 Mei voor 12:00 in te dien nie.

Aansoekvor­ms is beskikbaar by die munisipale kantore in St Johnstraat, Dysselsdor­p Thusong-sentrum, en Oudtshoorn Thusong-sentrum.

Belangstel­lendes kan dit ook op die munisipali­teit se webwerf by www. oudtshoorn.gov.za kry. Die vorms is ook op versoek beskikbaar.

Stuur 'n e-pos aan Erna Wagenaar by erna@oudtmun.gov.za of aan Franxino Booysen by franxino@oudtmun.gov.za of kontak hulle by 044 203 3971 of 044 203 3061.

 ?? ?? Die Thusong Container Hub is verlede jaar November amptelik geopen.
Die Thusong Container Hub is verlede jaar November amptelik geopen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa