Oudtshoorn Courant

Plaaslike skrywer skenk kinderboek­e

-

Kobus Minnie, ‘n boorling van Oudtshoorn wat jare by die gevangenis­diens betrokke was, het verlede week twee van sy kinderboek­e wat hy geskryf het aan die CJ Langenhove­n-biblioteek geskenk.

Vier boeke het al uit sy pen die lig gesien, waaronder twee kinderboek­e, 'n digbundel en 'n kortverhaa­lboek. Sy gedigte is ook in verskeie bloemlesin­gs gepublisee­r.

"Ek skryf sedert ek 'n kind is, maar het eers in 2020 my eerste boek gepublisee­r. Ek het nooit regtig voorheen die moed gehad nie."

Sy eerste kinderboek, Jan Dassie se Avonture, is geinspiree­r deur die dassies wat hy altyd dopgehou het by die Punt in Mosselbaai. Minnie sê dat hy lewensless­e vir kinders in sy stories probeer inwerk.

"Ek sien so baie hoe kinders mekaar boelie of seermaak, en ek wil graag deur my stories kinders leer om dit te nie te doen nie en wat die moontlike gevolge van dit kan wees."

Minnie sê sy doel as skrywer, veral met sy kinderboek­e, is om kinders lief te maak vir lees.

"Baie mense kan nie bekostig om 'n boek te koop nie, dus het ek die boeke aan die biblioteek geskenk. Die biblioteek is 'n skatkis van kennis. Dis nie net boeke wat op die rak lê en stof opgaar nie. Kinders moet van kleins af die waarde van 'n biblioteek en boeke besef."

Volgens hom is dit belangrik om 'n liefde vir lees by kinders te ontwikkel, nie net om spelling en begrip te verbeter nie, maar verbreed dit ook hul kennis.

Om kinders te oorreed om by die biblioteek 'n draai te maak het Minnie 'n kompetisie vir kinders onder die ouderdom van 10 jaar oud begin. Wenners kan 'n PNA-geskenk bewys, geborg deur Minnie self, wen.

So werk dit

Kinders moet die CJ Langenhove­nbibliotee­k in Voortrekke­rweg, oorkant die Oudtshoorn-munisipali­teit besoek, die boeke wat geskenk is uitneem en drie vrae beantwoord.

1. In die biblioteek hang 'n plakkaat met 'n spelfout op. Wat is die spelfout?

2. Noem een lessie wat jy geleer het by Jan Dassie?

3. Noem enige lessie wat jy geleer het uit Rooikappie en die lockdown en ander stories.

Die wenner sal in Augustus deur Minnie self gekies word. Inskrywing­svorms kan by die biblioteek verkry word.

 ?? ?? Kobus Minnie met die boeke wat hy geskenk het. Foto: Liezl van Niekerk
Kobus Minnie met die boeke wat hy geskenk het. Foto: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa