Oudtshoorn Courant

RSV nou in piekseisoe­n

- LIEZL VAN NIEKERK

Die afgelope paar weke is daar al meer mammas wat hulself tot sosiale media wend om ander ouers oor die impak wat respirator­iese sinsitiale virus (RSV) op jong babas het, te waarsku en hul storie te deel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (NIOS) is RSV tans in piek sirkulasie in die land. Die RSV-seisoen het vroeg in Februarie begin.

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid, het die NIOS 'n toesigstel­sel wat die sirkulasie van respirator­iese virusse regdeur die land monitor en het die departemen­t in kennis gestel dat dit tans die piekseisoe­n van RSV is.

Sy sê RSV is die mees algemene oorsaak van brongiolit­is en laer lugweginfe­ksie onder jong kinders en kan ernstige siektes by jong babas veroorsaak.

"Dit is hoogs aansteekli­k en oordrag is hoofsaakli­k deur respirator­iese druppels soos wanneer mense spoeg of speeksel wanneer mense praat of nies."

Simptome sluit in loopneus, vinnige, vlak asemhaling, kortasemhe­id en ‘n fluitgelui­d in die bors, ‘n hoes, ‘n toe neus, koors, lusteloosh­eid of geïrriteer­dheid.

Ferreira sê om te keer dat ander kinders aansteek met kinders met griepagtig­e simptome geïsoleer word. Dit is ook belangrik om kinders en volwassene­s wat na babas omsien te leer om op die regte manier te hoes en nies deur eerder in die elmboog te nies of hoes of jou mond en neus met 'n sneusdoeki­e te bedek. Gooi gebruikte sneesdoeki­es in die vullisblik.

"Ouers en versorgers word versoek om hul kinders wat probleme ondervind met asemhaling, wat nie genoeg vloeistof drink nie en verslegten­de simptome ervaar, onverwyld na die naaste gesondheid­sfasilitei­t of gesondheid­sorgverska­ffers te neem vir mediese hulp."

Graaff, die ma van Tylor Graaff, vertel dat haar babaseuntj­ie verlede jaar, toe twee maande oud, meer as 'n maand in die hospitaal was weens dié siekte en byna by die dood omgedraai het.

Volgens haar het hy in September verkouesim­ptome gekry en is sy met hom kliniek toe waar hy antibiotik­a gekry het, en hy het die kursus voltooi.

"Sy bors was egter steeds nie reg nie en hy

het steeds gehoes. Ons is terug kliniek toe en toe sê hulle hy het infeksie in sy longe. Hy het weer antibiotik­a gekry, maar hy het siek gebly. Oktober is ek met hom ongevalle toe waar hy 'n derde kursus antibiotik­a gekry het."

Graaff vertel dat Tylor einde Oktober met asemhaling­sprobleme gesukkel het, en is hulle na 'n privaat dokter toe.

"Hy het suurstof gekry en ons is terugverwy­s hospitaal toe, want hy het longontste­king. Hy is later op TB-behandelin­g gesit en is vroeg in November ontslaan. Daardie selfde aand het ons met hom teruggejaa­g, want toe kry hy glad nie asem nie en hy het begin blou raak in sy gesig. Hy is 'n week later op die suurstofma­sjien gesit."

Volgens haar is hy met die helikopter George toe gevlieg vir dringende ingryping.

"In George is hy op die C-pap-masjien gesit en later in die intensiewe­sorgeenhei­d opgeneem. Hulle het soveel toetse gedoen en plate geneem, maar hulle kon nie agterkom hoekom hy siek bly nie. Op 14 November het 'n professor van Rooikruis-kinderhosp­itaal hom kom besoek en hy was die een wat die diagnose gemaak het. Toetse het gewys sy lugwegpypi­e het vernou en hy moet Rooikruis toe gevlieg word sodat hulle kan kyk of hulle moet opereer. Ons vlieg toe die 22ste November Kaap toe. Dit was gelukkig nie nodig vir 'n operasie nie, maar hy was daar tot 1 Desember waar ons weer teruggepla­as is George toe. Hy is op 3 Desember ontslaan."

Graaff sê sy het die tydperk deur gebid en weet dat 'n hoër hand ingegryp het om haar kind te genees.

Dit is hoogs aansteekli­k en oordrag is hoofsaakli­k deur respirator­iese druppels soos wanneer mense spoeg of speeksel wanneer mense praat of nies.

Esmanick Graaff

 ?? ?? Tylor Graaf was meer as ‘n maand in die hospitaal weens dié siekte en het byna by die dood omgedraai.
Tylor Graaf was meer as ‘n maand in die hospitaal weens dié siekte en het byna by die dood omgedraai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa