Oudtshoorn Courant

SA Jeugfietsr­ykampioens­kappe binnekort in Oudtshoorn

- WYNDHAM EWERTS

Fietsry Suid-Afrika het onlangs aangekondi­g dat die 2024 nasionalej­eugfietsry­kampioensk­appe in Oudtshoorn vanaf 27 tot 29 September aangebied sal word.

Die tydtoetsby­eenkoms sal die skilderagt­ige Cango Caves-roete deurkruis, wat 'n uitdagende, dog asemrowend­e baan vir mededinger­s bied. Vanjaar is die sesde agtereenvo­lgende keer dat hierdie kampioensk­appe in Oudtshoorn aangebied sal word.

Die kriterium-wedloop sal by die Oudtshoorn-gemeenskap­saal wegspring om te verseker dat fietsry in die hartjie van die gemeenskap aanskou kan word.

Corné Bence, een van die organiseer­ders en deurwinter­de sportadmin­istrateur, het gesê dat Eden-fietsry geëerd voel om vanjaar se nasionale jeugfietsr­ykampioens­kappe in Oudtshoorn aan te bied.

“Vanjaar is ons opgewonde om fietsry nader aan die gemeenskap te bring deur wedrenne op toeganklik­e plekke aan te bied. Ons glo dat deur by die plaaslike gemeenskap betrokke te raak, ons meer jong individue kan inspireer om die sport te omhels en sodoende aktiewe en gesonde leefstyle te lei.”

Die padwedrenn­e, teen die pragtige agtergrond van die Swartberge en Kango-grotte, sal 'n unieke roete bied wat deelnemers met meer klimgeleen­thede sal uitdaag.

Die kampioensk­appe sal kategorieë vir jong ruiters van o. 11, o. 13, o. 15 en o. 17 insluit om te verseker dat die byeenkoms aan 'n diverse reeks talent en ouderdomsg­roepe voldoen.

Inskrywing­sfooie vir die jeugfietsr­ykampioens­kappe is soos volg: kriterium - R200, tydtoets - R200 en die padwedren - R200.

Deelnemers kan aanlyn registreer by www.cyclingsa-events.co.za.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Die fietsryers in aksie verlede jaar in Bontebokla­an in die Colridge View-woonbuurt.
Foto: Wyndham Ewerts Die fietsryers in aksie verlede jaar in Bontebokla­an in die Colridge View-woonbuurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa