Oudtshoorn Courant

Manie Libbok aangewys as beste nuweling

- WYNDHAM EWERTS

Manie Libbok, voormalige leerder van Hoërskool Outeniqua in George, is verlede Sondagaand as Nuweling van die Jaar by die SA Sporttoeke­nningsaand aangewys.

Hierdie spoggerige geleenthei­d is vir die 17de keer aangebied met die doel om die beste sporttalen­t in die land te vereer. Vanjaar is die geleenthei­d by Sun City Superbowl in NoordWes gehou met die room van Suid-Afrika wat teenwoordi­g was.

Libbok is tans lid van Stormers-rubyspan en was ook verlede jaar deel van die seëvierend­e Springbokk­e wat die Web Ellis-beker in Frankryk verower het. Hier was Libbok 'n absolute doring in die vlees van sy opponente weens sy visie en flair waarmee hy die spel benader.

Hy word ook deur menigte rugbykenne­rs gesien as die Bokke se langtermyn­opsie op losskakel weens sy aanvallend­e dimensie wat hy na die span bring. Sy belowende skopvoet kan ook verder geslyp word wat hom 'n selfs moeiliker kalant vir sy teenstande­rs sal maak.

Tydens sy toespraak het Libbok gesê dat hy geeërd voel om hierdie gesogte toekenning te kon impalm en het hy almal bedank wat 'n bydrae gelewer het in sy ontwikkeli­ng as speler.

Sy boodskap aan alle opkomende nuwe spelers was om te volhard en te bly glo in hul talent totdat die deure vir hulle sal oopgaan. "Niks is onmoontlik nie," het hy gesê.

Tesame met Libbok is SA Rugby ook met die volgende toekenning­s vereer:

Federasie van die jaar - SA Rugby Administra­teur van die jaar - Mark Alexander (SA Rugbypresi­dent)

Span van die jaar Springbokk­e

Afrigter van die jaar - Jacques Nienaber

Sportman van die jaar - Eben Etzebeth

People's Choice-toekenning Siya Kolisi (kaptein) Sportster van die jaar - Siya Kolisi

So het die Wes-Kaap gevaar: Skoolspan van die jaar - Hoër Landbousko­ol Oakdale se toutrekspa­n

Rekreasie liggaam van die jaar Amandla Social Enterprise­s Sportman van die jaar met 'n egstremdhe­id - Mpumelelo Mhlongo

Dr. Harold Adams van Boland-atletiek is vereer as 'n ontvanger van die Steve Tshwete Lewenslang­e Prestasiet­oekenning vir sy bydrae tot die ontwikkeli­ng van atletiek in die land.

 ?? ?? Manie Libbok word omhels deur een van sy aanhangers tydens die onlangse tentoonste­lling van die Web Ellis-trofee in George. Foto: Eugene Gunning
Manie Libbok word omhels deur een van sy aanhangers tydens die onlangse tentoonste­lling van die Web Ellis-trofee in George. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa