Oudtshoorn Courant

Arende het tot op die einde aangeval

- EUGENE GUNNING

Laat daar geen twyfel wees nie, die SWD Arende kan! Ofskoon hulle Saterdag

4 Mei teen die Griffons met 28 - 36 op Outeniquap­ark verloor het, kon hulle net sowel gewen het.

Dis daarom te verstane dat daar groot belangstel­ling is vir die Arende se volgende wedstryd, eerskomend­e Saterdag, 11 Mei, in Kimberley teen die Griekwas.

Die gedugte Griffons het die afgelope naweek al die pad van die Vrystaatse Goudvelde gereis en met 'n begeesterd­e Arende-span te doen gekry.

Sommer van die begin af het die Arende gewys hulle is lus vir rugby. Die Griffons het wel uiteindeli­k eerste agter die doellyn gaan kuier en die doelskop was suksesvol. Na net sowat ses minute was die Griffons 7 - 0 voor.

Sowat nege minute later het die Griffons weer gaan druk.

Maar die Arende het gewys hulle ken ook die pad doellyn toe en gaan druk.

Kort voor die aanbreek van rustyd het die Griffons weer ‘n drie gaan druk en was die rustydtell­ing 19 - 7.

In die tweede helfte het dit by tye gereën. Die veld was nat en die bal glibberig. Dit het egter nie die spanne verhoed om die bal aan die beweeg te hou nie.

Die Arende het goed aangepas by die nuwe omstandigh­ede en het in stadium na die beter span gelyk. Die Arende het binne die eerste agt minute van die tweede helfte gaan druk. Die doelskop was oor en die telling het gekrimp na 19 - 14.

Die skare het begin besef hier kan ‘n ding kom. Die reën het glad nie die geesdrif gedemp nie.

Die Griffons het weer gaan druk en die telling was 26 - 14. Die Arende het weer gewys hulle kan en ‘n rukkie later gaan druk. Die doelskop was suksesvol. Die telling was nou 26 - 21.

In die 22ste minuut het die Griffons met ‘n strafskop geslaag. Telling 29 - 21.

As die Griffons dalk al begin dink het aan ‘n oorwinning, was dit ‘n fout. Die Arende het ander dinge in gedagte gehad. In die 72ste minuut het die Arende weer agter die Griffons se doellyn gaan kuier. Die doelskop was oor. Telling 29 - 28.

Vir die laaste paar minute sou jy toeskouers nie kon blameer as hulle hul naels gekou het nie.

Met sowat twee minute oor het die Griffons weer die pad doellyn toe gaan soek en gedruk.

Die Arende het egter nie gaan lê nie en tot op die einde aangeval.

Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, het Maandag 6 Mei gesê, hy is baie trots op die span.

Hulle het boverwagti­ng goed gedoen. “Die span het baie kritici se monde toegespeel.”

Die span weet daar wag Saterdag ‘n moeilike taak in Kimberley. Boonop is van die Arende beseer en teen Maandag was die erns daarvan nog nie duidelik nie.

Daar moet onthou word dat Griekwas sover die enigste onoorwonne span in die SA Beker is.

Volgens Brinkhuis is die SA Beker ‘n geleenthei­d vir die Arende om hulself teen die bestes te toets.

Die Arende se laaste wedstryd in die uitspeel rondes is die daaropvolg­ende naweek, 18 Mei, teen die Luiperds op Outeniquap­ark.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Die Arende bemeester die bal tydens ‘n lynstaan in die wedstryd teen die Griffons.
Foto’s: Eugene Gunning Die Arende bemeester die bal tydens ‘n lynstaan in die wedstryd teen die Griffons.
 ?? ?? Daar is hard gespeel in Saterdag se wedstryd tussen die Arende en die Griffons. Die voorspeler­s het mekaar behoorlik getakel.
Daar is hard gespeel in Saterdag se wedstryd tussen die Arende en die Griffons. Die voorspeler­s het mekaar behoorlik getakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa