Oudtshoorn Courant

Malgas gekies vir SA Ciputra Golfpreneu­r-span

- WYNDHAM EWERTS

Oudtshoorn se jong gholfsensa­sie, Gabriël Malgas (14), is onlangs vir die SA Ciputra Golfpreneu­r-span gekies wat vanaf 12 tot 14 Junie in Jakarta, Indonesië gaan meeding.

Hier sal hy meeding met sowat 140 gholfers vanoor die wêreld wat Brittanje, Amerika, Asië, Australië en Nieu-Seeland insluit.

Malgas het sy skoolloopb­aan by Laerskool Wesbank voltooi waarna hy by Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) aangesluit het.

Sy pa, William Malgas het in 'n onderhoud met Oudtshoorn Courant gesê dat die skuif George toe wondere verrig het vir sy seun se algemene ontwikkeli­ng.

"Ons woon nou al vir die afgelope twee jaar in George en ek kan die verbeterin­g in sy spel sien weens die geleenthed­e en die oefengerie­we wat tot sy beskikking is. Tans oefen hy ook vier keer per week by Kingswood en George-gholfklub waar hy ook 'n lid is. Ongeag die pas waarteen hy as gholfspele­r groei, bly dit 'n leerproses, want dit is maar die aard van sport; jy leer elke dag, maar jy moet ook oop wees vir dit. Tot en met twee maande gelede was ek vir jare sy persoonlik­e afrigter, maar nou het ek die leisels oorgee vir 'n profession­ele afrigter wat elke detail van sy spel analiseer op bandopname met spesifieke toerusting. Vir hom om nasionaal skouers te kan skuur met die beste van die land moet hy gereeld teen hulle speel en dis ook die rede vir sy insluiting in die SA Ciputra Golfpreneu­r-span. Vir hierdie jaar het hy al aan twee nasionale toernooie deelgeneem waar hy by een uit 'n totaal van 80 spelers, 12de geëindig het. Dit alles maak die skuif die moeite werd," het Malgas gesê.

” Volgens sy pa is Gabriël se geestelike taaiheid die een aspek wat vir hom uitstaan in sy arsenaal:

"Kyk, hy kan byvoorbeel­d vir 'n week nie gespeel het nie, maar as hy aan 'n gholfstok raak, sal mens dit nooit kan sê nie die manier hoe hy moeiteloos by sy roetines inskakel. My woorde aan hom vir die opkomende toernooi is juis dat dit belangrik is om sy geestelike ingesteldh­eid reg te kry. Op hierdie vlak het hy reeds bewys dat hy oor die vaardighed­e beskik en senuwees moet daar wees, dit is juis

senuwees wat jou op jou tone hou en aandryf tot jou beste spel. En sy beste spel, is vir ek en sy ma Irene goed genoeg. My raad aan hom is om alles in te neem wat hy in Indonesië sien en by sy eie skill set voeg, van die manier hoe die ouens opwarm tot die manier hoe hulle speel, die ervaring, die toestande, dit alles gaan goud werd vir hom wees juis omdat dit sy heel eerste keer is."

Gholf is 'n duur sportsoort en Malgas het gesê dat hulle dankbaar is vir die bystand wat SA Gholf Ontwikkeli­ngraad vir Gabriel bied wat dit makliker maak vir sy gholf om te floreer.

"Wat planne vir die toekoms betref, is enigiets moontlik, van 'n beurs na Amerika of die moontlikhe­id om 'n progholfsp­eler te raak, alles hang net af. Vir nou fokus ons net om Gabriel te ontwikkel in die beste speler wat hy kan wees en dan sal dinge in plek val."

“Vir hom om nasionaal skouers te kan skuur met die beste van die land moet hy gereeld teen hulle speel en dis ook die rede vir sy insluiting in die SA Ciputra Golfpreneu­r-span.

 ?? ?? Gabriel Malgas
Gabriel Malgas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa