Oudtshoorn Courant

Sergio nuwe Oudtshoorn­gholfklubk­ampioen

- WYNDHAM EWERTS

Sergio Arries, jong begaafde gholfspele­r van Oudtshoorn, het verlede week vir die tweede agtereenvo­lgende jaar die Oudtshoorn-gholfklubk­ampioenska­p ingepalm.

Die borge van die dag was Oudtshoorn Spar, Riempie Hotel en Golfers Klub.

Sergio se loopbaan het al heelwat hoogtepunt­e bereik en was hy ondermeer al opgeneem in die o. 18 Suid-Kaap provinsial­e span sowel as die Suid-Kaapgholfo­ntwikkelin­gspan. Op daardie stadium die topspeler van die Suid-Kaap.

Arries is in 2023 by die burgemeest­er se sporttoeke­nningsaand vereer as die Junior sportman van die jaar en is in 2022 deur die munisipali­teit met splinternu­we gholfstokk­e geborg.

In 2022 was hy die wenner van die Mosselbaai en Riversdal Junior Gholf Ope as eersteling, sowel as die naaswenner in die Oudtshoorn-klubkampio­enskappe. Hy is ook al gekies om Suid-Kaap in die SA interprovi­nsiale toernooi in Mbombela te verteenwoo­rdig en het ook al 'n nuwe baanrekord van 65 by die Ladismithg­holfbaan opgestel.

Luidens 'n verklaring van die Oudtshoorn­munisipali­teit is Arries se suksesstor­ie iets wat jong atlete na kan strewe.

"Arries se passie is 'n bewys van sy talent en deursettin­gsvermoë. Vanaf 'n nederige begin in die Hopeville - informele nedersetti­ng, het Sergio Arries deurgaans verwagting­e trotseer, oorwinning­s behaal en rekords langs die pad opgestel. Arries se sukses is 'n weerspieël­ing van sy passie, die ondersteun­ing van sy gemeenskap en die Groter Oudtshoorn­munisipali­teit."

Arries se ouers, Jacobus en Sarah Arries, het gesê dat hulle baie trots op hul seun se prestasies is.

“Gholf is van jongs af al 'n sport waarin hy uitblink en ons is dankbaar vir die Vader vir sy talent. Op die oomblik balanseer hy sy matriekstu­dies tussendeur sy gholf. Hy is nog jonk en kan nog groot dinge in die gholfwêrel­d bereik,” het sy pa gesê.

 ?? Foto verskaf ?? Sergio Arries spog met die trofee.
Foto verskaf Sergio Arries spog met die trofee.
 ?? ?? Sergio in aksie. Foto: Wyndham Ewerts
Sergio in aksie. Foto: Wyndham Ewerts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa