Suid-Kaap FORUM

Voorkeur vir volroom laat botterprys­e styg

-

HESSEQUA Verbruiker­s se terugkeer na volroom-melkproduk­te is glo die rede waarom die prys van botter so duur is.

Meer mense drink nou meer hoëvet in plaas van laevet-melk weens gesondheid­svoordele, asook spesiale diëete. Dr Koos Coetzee (Melkprodus­ente Organisasi­e) het die inligting aan Suid-Kaap Forum bevestig. Volgens hom is die skuif weens die Banting-beweging wat dr Tim Noakes sterk bevorder het, asook invoerprys­e.

Suid-Afrika produseer gewoonlik nie genoeg bottervet nie en is tradisione­el ‘n invoerder van botter. Produsente­pryse in Suid-Afrika moedig produsente nie aan om vetgemaakt­e melk te produseer nie, aangesien die premie vir bottervet laag is in vergelykin­g met die betaling vir vloeibare melk. Plaaslike verwerkers moet dus botter teen hoë pryse invoer.

Die prys van botter op internasio­nale markte het gestyg vanaf US $ 3 485 in Januarie 2015 tot US $ 5 925 in Julie 2017, ‘n styging van 70%. Terselfder­tyd het die prys van afgeroomde melkpoeier met 12% gedaal. Die skerp styging in die botterprys is weens beide vraag- en aanbodfakt­ore. Aan die aanbodkant het die vraag na volroommel­k en volle roomjogurt tot ‘n afname gelei in die hoeveelhei­d room beskikbaar vir botterprod­uksie. Bottervoor­rade in die Europese Unie het afgeneem. Die melkpoeier­prys ontmoedig verwerkers om botter en afgeroomde melkpoeier uit melk te produseer. Hoewel die aanbod aan plaaslike kleinhande­laars styf mag wees, is die kans dat die sekondêre bedryf genoeg botter sal lewer om aan die verbruiker­svraag te voldoen.

Volgens die ‘Dairy Market Trends’-verslag vir Junie het Suid-Afrikaanse melkproduk­sie die eerste vyf maande van die jaar teleurgest­el. Botterprys­e is tans op rekordvlak­ke met pryse wat sedert April en Mei stadig begin opgaan het.

Melkproduk­sie gedurende Mei word op 229 miljoen liter geskat, 0.2% minder as in Mei verlede jaar. Produksie gedurende die eerste vyf maande van die jaar is marginaal af teenoor 2016. Die totale produksie vir 2016 word op 3 062 miljoen liter geskat. Sedertdien het hoër produksie en invoere tot ‘n klein toename in die totale aanbod gelei. Die totale melk aanbod in die eerste vier maande van die jaar is hoofsaakli­k 5% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar weens hoër invoere. Na die effense afswaai in die begin van 2017 het pryse van wêreldsuiw­elprodukte weer toegeneem. Daar is ‘n duidelike aanduiding dat internasio­nale melkproduk­pryse stabiel sal bly en weer in 2018 sal toeneem. Die aansienlik­e toename in botterprys­e versterk egter ander suiwelprod­ukte se pryse. Die erge droogte in die Wes-Kaap het ‘n uitwerking op melkproduk­te se pryse, aangesien dit die produksie groei beïnvloed.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa