Suid-Kaap FORUM

Drankverko­pe by skole lig wenkbroue

-

WES-KAAP Die goedkeurin­g van die provinsial­e Wysigingso­ntwerp op skoolonder­wys met insluiting van drankverko­pe by skole het wenkbroue laat lig.

Die Wes-Kaapse minister van Onderwys, Debbie Schäfer het op 4 Julie aangekondi­g dat die wetsontwer­p goedgekeur is. Dié wetgewing rakende drankverko­pe by skole is na aanleiding van openbare kommentaar en voorstelle gewysig. Skole sal voortaan skriftelik kan aansoek doen om drank tydens skoolfunks­ies te mag verkoop. Die toestemmin­g is aan voorwaarde­s onderworpe en kan, indien nie nagekom nie, teruggetre­k word. Wysigingsw­etsontwerp op

skoolonder­wys

• Die daarstelli­ng van ‘n evaluering­s owerheid wat bekend sal staan as die Wes-Kaapse Skole-evaluering­s owerheid.

• Die spesifieke voorsienin­g vir samewerkin­gskole en skenker befondse skole.

• Die vestiging van intervensi­e fasiliteit­e vir leerders wat weens ernstige wangedrag skuldig bevind is as alternatie­f vir uitsetting.

• Voorsienin­g vir die aanspreek van beperkende wetgewing rakende die verkoop en die verbruik van alkohol op skoolperse­le.

•Dié skole-evaluering­s owerheid sal skole onafhankli­k evalueer en skool evaluering­s verslae ontwikkel. Die inligting sal vir ouers en gemeenskap­pe beskikbaar wees.

Volgens Schäfer het dié projek die departemen­t nie geld gekos nie. “Ons het privaat befondsing hiervoor bekom. Hiervoor is ek baie dankbaar, veral in die huidige finansiële klimaat.

“Ek is vol vertroue dat dit ‘n beduidende verskil in die verbeterin­g van onderwys in die Wes-Kaap sal maak. Ons het die model in 42 skole in die provinsie uitgerol en baie positiewe terugvoeri­ng ontvang. As provinsial­e regering het ons aanspreekl­ikheid, deursigtig­heid en innovasie as belangrike eienskappe geïdentifi­seer en ons wetgewing moet dit ook weerspieël.”

 ??  ?? Debbie Schäfer.
Debbie Schäfer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa