Suid-Kaap FORUM

‘n Eerste in ‘n lang tyd vir Riversdal

- Elize Blom

RIVERSDAL Dié dorp het Saterdag 15 Julie vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n militêre begrafnis waargeneem met die begrafnis van troep Hilary Tesleen Sambo (32).

Sambo was aan 1 Spesiale Diens Bataljon, Bloemfonte­in vanaf Januarie 2008 verbonde. Volgens haar tannie, Juliette Sambo het sy siek geword en het tydens haar siekverlof na haar gekom om aan te sterk. Na ‘n kort siekbed is sy op haar verjaarsda­g, 5 Julie oorlede.

“Dit is die eerste militêre begrafnis in my loopbaan as begrafniso­ndernemer wat op Riversdal plaasgevin­d het,” sê Dihanna van Wyk (Avbob). Volgens Keith Eksteen (korrespond­ent: Suid-Kaap Forum) was daar wel in die verlede militêre begrafniss­e. Hy noem van ‘n wyle Leonard Jacobs en Jim September wat beide lugmaglede was. “Militêre begrafniss­e is ook vir skutter Taute, Ronnie Atkins en nog ander gehou. “Philip Claassens noem van ‘n jongman, Pieter Rademan wat by Cato Manor vermoor is wat in die jare 1959/60 ‘n militêre begrafnis gehad het.

Die diens is deur vader Noël Weber vanuit die St Andrews Kerk waargeneem. Die kerk was stampvol met vriende, familie en medekolleg­as van Sambo. Daarna het die stoet na die begraafpla­as vertrek waar kapelaan Tau, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die teraardebe­stelling waargeneem het. Haar kollegas het hul laaste eer aan haar betoon na afloop van die militêre begrafnis.

Volgens haar vriendin, Saliema Scheepers was sy ‘n vriendelik­e, spontane persoon. “Sy was meer vir my soos ‘n suster, ‘n baie spesiale mens.

“Sy was so saggeaard en het goed met alle mense oor die weg gekom. Sy gaan beslis baie gemis word.”

• Besoek www.suidkaapfo­rum.com vir ‘n fotogalery.

 ??  ?? Sambo se tannie, Juliette Sambo toon haar laaste respek.
Sambo se tannie, Juliette Sambo toon haar laaste respek.
 ??  ??
 ??  ?? Kapelaan Tau lei die kisdraers na die graf. Foto’s: Elize Blom. INLAS: Wyle Hilary Sambo.
Kapelaan Tau lei die kisdraers na die graf. Foto’s: Elize Blom. INLAS: Wyle Hilary Sambo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa