Suid-Kaap FORUM

Kusopruimi­ng is sy passie

- Elize Blom

HESSEQUA Antonio da Silva-Swart stap al langs die kus van Suid-Afrika om mariene oorblyfsel­s bewusmakin­g oor te dra.

Volgens hom het hy eers gefokus op die Ooskus en het hy met mense gekommunik­eer rakende die toestand van die kuslyn ten opsigte van mariene oorblyfsel­s, insluitend­e toue, bottels, doppies, plastieksa­kke en meer wat uitspoel. “Na aanleiding van hierdie gesprekke, sowel as mediadekki­ng in sommige van die dorpe soos Hermanus, Gansbaai en Mosselbaai reël ek ‘n skoonmaaks­essie.”

Hy het intussen sy tweede staptog aangepak om 573km langs die kus vanaf Kaappunt tot by Mosselbaai te stap. Op Mandela Dag, Dinsdag 18 Julie het hy ‘n skoonmaaks­essie by Lappiesbaa­i in samewerkin­g met die plaaslike toerisme gehou.

Da Silva-Swart het Woensdag 19 Julie sy staptog langs die kuslyn verder aangepak. Die keer is dit vanaf Mosselbaai na Plettenber­gbaai. “Tydens hierdie staptogte neem ek foto’s van erg geaffektee­rde kusgebiede waar baie oorblyfsel­s lê. Dan stuur ek hierdie inligting óf na CapeNature óf na die plaaslike toerismeka­ntoor sodat ek in samewerkin­g met hulle skoonmaaks­essies kan reël.” Hy sê dat hy hierdie keer stap om geld in te samel vir die Whale Coast Conservati­on sodat hul skool opvoedings­program oor mariene oorblyfsel­s kan voortbesta­an. Enige donasies kan by Capitec Bank inbetaal word. Die rekeningho­uer is AA Da Silva-Swart, rekeningno­mmer 1522 521 664, takkode 470 010, verwysing is WCC en jou van. Skakel hom by 072 462 4271 vir meer inligting.

 ??  ?? Antonio da Silva-Swart waar hy op sy gelukkigst­e is langs die kuslyn.
Antonio da Silva-Swart waar hy op sy gelukkigst­e is langs die kuslyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa