Suid-Kaap FORUM

Goeie kliëntedie­ns is sy missie

-

‘n Man wat die plaaslewe ken en weet wat vir boere en platteland­se inwoners belangrik is, is deesdae aan die stuur van Sentraal-Suid Koöperasie (voorheen Tuinroete Agri) op Stilbaai.

André Jonker, gebore op Mafikeng, maar getoë op ‘n plaas in die Vryburg-distrik was eers in die boubedryf. Sy passie - en natuurlik bevorderin­gsmoontlik­hede - het hom na SSK gelei; eers op Swellendam en nou op Stilbaai.

Volgens Jonker het die oorplasing na dié kusdorpie skielik gekom, maar hy is glad nie spyt daaroor nie. “Slegs ‘n week vantevore was daar net sprake van - en toe gebeur dit. Ek het al ‘n paar keer hier besoek en my ondervindi­ng van Stilbaai en sy mense is baie positief. Ek het amptelik op 29 Mei hier begin en is vriendelik en met eg-platteland­se gasvryheid ontvang.” Hy staan nou die skoene van die vorige bestuurder, Johan Campher met ywer en geesdrif vol. Campher is intussen na die tak op Albertinia oorgeplaas.

Omdat alles so skielik gebeur het, moes vroulief Marinda voorlopig agterbly. Sy is die administra­tiewe hoof van die landdroska­ntoor op Swellendam.

Jonker bly in die week op Stilbaai en gaan slegs naweke huis toe. “Ons hoop dat sy sommer gou hierheen sal kan kom, want die doelwit is om by die gemeenskap in te skakel en ons hoop om ‘n impak en bydrae te maak.” Dit is ook sy visie vir SSK Stilbaai.

“Indien daar enige klagtes is, sal ek graag daarvan wil hoor en dit wil regstel, want dit is vir my belangrik dat elkeen wat hier aankom ‘n aangename inkopie-ervaring sal hê. Ons wil ‘n positiewe bydrae in die gemeenskap en daarbuite lewer.” Vir enige navrae kan Jonker by 028 754 3520 gekontak word. “Vertel die wêreld van jou goeie ondervindi­ng by ons, maar indien jy enige probleem het - vertel my daarvan!” nooi hy.

 ??  ?? Dié vriendelik­e span by Sentraal-Suid Koöperasie Stilbaai wag om kliënte tot hulp te wees. Voor staan Lizzy Jacobs. Agter van links is Lionel Kombela, Tilana Coetzee, Morné van der Berg, Cyla du Plessis, Hendrik Smith, André Jonker, Andrew Esau en...
Dié vriendelik­e span by Sentraal-Suid Koöperasie Stilbaai wag om kliënte tot hulp te wees. Voor staan Lizzy Jacobs. Agter van links is Lionel Kombela, Tilana Coetzee, Morné van der Berg, Cyla du Plessis, Hendrik Smith, André Jonker, Andrew Esau en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa