Suid-Kaap FORUM

Glansdinee om boere te help

- TISHA STEYN

SUID-KAAP ‘n Dinee om geld in te samel om voer, wat landswyd aan droogteget­eisterde Herold-boere geskenk is, hierheen te vervoer en om aanvullend­e voer vir boere te koop wat dit net nie meer kan bekostig nie, word volgende week aangebied.

Omri van Zyl (uitvoerend­e hoof: Agri SA) is die hoofspreke­r by die dinee wat Agri Herold Landbouver­eniging se Help Herold-boere in Nood-aksie op 27 Julie in die Oppie Plaas Venue in Waboomskra­al aanbied. Dit is geskedulee­r vir 18:30 vir 19:00. Volgens Van Zyl het die droogte in Suid-Afrika vir hom gewys dat die staat onbevoeg is om nasionale rampe te hanteer. “Ons eie (Agri SA se) fonds het amper R100 miljoen se waarde ontsluit, waarsonder 12 000 kommersiël­e boere geen hulp sou kry nie. Ek het nou die les geleer: Help jouself en probeer die regering dáárby betrek.” So haal Hanlie Retief dié dinamiese jong landboulei­er in haar rubriek ‘Hanlie Retief praat met’ aan wat einde verlede jaar in Rapport verskyn het.

En dit is presies wat Weeber Truter en die komitee van die landbouver­eniging wat Help Herold-boere in Nood tot stand gebring het, met dié grootse fondsinsam­elingsproj­ek doen. “Ons weet ons streek is nie die enigste in die land wat onder droogte gebuk gaan nie. Daarom doen ons self iets om te keer dat ons boere heeltemal ondergaan, wat kritiese gevolge vir ons werkers en die besighede in dorpe in ons streek sal inhou wat van landbouers se steun afhanklik is.”

Ollie le Roux, voormalige Springbokr­ugbyspeler wat naby Bloemfonte­in boer, is die ander hoofspreke­r. Hy het reeds tonne voer aan die Herold-boere geskenk. “Ons kry voer van oral verniet, maar ons moet dit net self laat vervoer,” sê Truter. CJ Stander, Springbokr­ugbyspeler en Suid-Kaapse rugbyheld van Mosselbaai, is ook ‘n spreker by die dinee. Stander skenk een van sy rugbytruie wat saam met ander rugby-memorabili­a tydens die dinee opgeveil gaan word.

Volgens Truter is die 25 tafels (vir 10 persone elk) wat teen R10 000 per tafel aan sakeondern­emings beskikbaar gestel is, reeds verkoop.

“Ons het ekstra tafels beskikbaar gemaak sodat individue ook kaartjies vir die dinee kan bekom teen R1 000 per persoon.”

Vir navrae en bespreking­s kontak Dean Barnard by 072 996 1668 of dean@ oppieplaas­venue.co.za. Vir meer inligting oor die noodprojek, kontak Truter by 082 566 2070 of Christoph Strydom by 082 633 1488, of besoek die Help Herold Boere in Nood op Facebook.

 ??  ?? Die dorre veld in die Herold omgewing waar boere deur die droogte geteister word. Foto verskaf
Die dorre veld in die Herold omgewing waar boere deur die droogte geteister word. Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa