Suid-Kaap FORUM

Polisie nuus

-

RIVERSDAL

Dranklisen­sies

Die gemeenskap moet kennis neem dat om drank by ‘n perseel te koop wat nie in besit van ‘n lisensie is nie, onwettig is. Gelisensie­ërde eienaars moet toesien dat hul nie drank aan minderjari­ges verkoop nie.

Toename in inbrake

‘n Toename in inbrake waar waardevoll­e items gesteel word is kommerwekk­end. ‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om meer sekuriteit­sbewus te wees.

Maak seker vensters en deure is toe. Inbrake by besigheids­persele steek weer kop uit. Besigheids­eienaars en inwoners word gevra om enige verdagte optrede aan te meld.

Patrollies by leë huise

Persone wat uitstedig of met vakansie is, word aangeraai om die polisie daaroor in kennis te stel sodat die nodige patrollies gedoen kan word.

Verkragtin­gs

Gedurende Junie en Julie is verkragtin­gs aangemeld. Inwoners word gemaan om nie alleen te loop wanneer hul vanaf ‘n vermaaklik­heidsplek af kom nie. Die polisie is bekommerd oor die verkragtin­gs in die gebied. Verdagte persone met swart ‘toppie’ baadjies word saans opgemerk. Indien die persone opgemerk en verdag voorkom kontak die polisie onmiddelli­k.

Indien jou kind of familie tuis kom met besittings wat nie aan hul behoort nie, is dit jou verantwoor­delikheid om dit aan te meld.

The Customer is King

Die polisie is tans besig met ‘n projek om die gehalte diens wat gelewer word, te bepaal. Dit heet ‘Customer is King’ en word terugvoer vanuit die gemeenskap verlang. Voorstelle is welkom en sal dit nagegaan word of dit haalbaar is of nie.

STILBAAI

Verneukspu­l

Die plaaslike speurafdel­ing doen ‘n beroep op sakemense om bedag te wees op ‘n nuwe slenter wat op die dorp kop uitgesteek het. Ao Marcelle Grebe noem aan Suid-Kaap Forum dat ‘n man van die Kaap twee hardeware besighede op die dorp gekontak, bestelling­s vir duur items ingesit en ‘n koerierdie­ns gereël het om die goedere op Stilbaai te gaan oplaai.

“Hy is duidelik vertroud met watter voorraad in die winkels is. Hy het ook ‘n bewys van betaling deurgestuu­r, so die besigheids­eienaars het nie onraad vermoed nie. Eers nadat die koerier die goedere Kaap toe geneem het, is besef dat dit ‘n vervalste EFT betaling was” Grebe noem besigheids­eienaars moet versigtig wees as dit kom by EFTbetalin­gs. “Maak eers doodseker die betaling is wel gedoen voor jy goedere uit jou winkel laat gaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa