Suid-Kaap FORUM

Geen genade vir dwelmhande­laars

- San-Marié Cronjé

ALBERTINIA Twee vermeende dwelmhande­laars is op Donderdag 25 Januarie gearrestee­r en nog vier op Dinsdag 30 Januarie, waaronder een 'n vrou. In die eerste geval is die twee mans onderskeid­elik op drie en twee klagtes vir die handeldryf in tik, mandrax en dagga in die Albertinia polisiërin­gsgebied gearrestee­r. Hulle was deur die gemeenskap geïdentifi­seer as middelfigu­re in die aktiewe dwelmnetwe­rk in Hessequa. Beide hierdie handelaars was by Albertinia­landdrosho­f gearrestee­r waar hulle toevallig op dié dag op 'n dwelmverwa­nte aanklag verskyn het. In die tweede geval was vier vermeende dwelmhande­laars, 'n vrou (30) en drie mans tussen die ouderdomme van 32 en 39 gearrestee­r op verskeie aanklagte rakende handel met dwelms op die dorp. Tydens drie van die geïnisieer­de lokvaltran­saksies was daar by vier handelaars suksesvol dwelms aangekoop. Met nadere ondersoek het dit aan die lig gekom dat drie van die handelaars in familiever­band hierdie misdaad pleeg en ook bevorder. Die plaaslike maatskapli­ke werker is genader om in te gryp, omrede die misdaad in aansig van jong kinders plaasgevin­d het. Stasiebeve­lvoerder kapt. Susan Botha het in Augustus verlede jaar konst. Christiaan Zwiegelaar en sers. James Spangenber­g, verbonde aan die Da Gamaskop-cluster taakspan, 'Sunshine' genader om 'n in diepte ondersoek rakende 'n bestaande dwelmnetwe­rk te loots. Ander lokvaloptr­edes is deur die WesKaapse direkteur van openbare vervolging goedgekeur. Botha bedank hierdie twee lede vir hul opoffering, bereidwill­igheid en toewyding om dwelmsmokk­elaars aan die pen te ry. "Die lede stap altyd die ekstra myl, sonder addisionel­e beloning, altyd positief en stel 'n hoë standaard van polisiërin­g."

 ??  ?? Konst. Christiaan Zwiegelaar en sers. James Spangenber­g is deur kapt. Susan Botha van Albertinia vir hul toewyding bedank.
Konst. Christiaan Zwiegelaar en sers. James Spangenber­g is deur kapt. Susan Botha van Albertinia vir hul toewyding bedank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa