Suid-Kaap FORUM

Die gemeenskap lug hul mening

-

Die sinnelose moord op Ona Hugo (80) en aanval op Hettie de Witt (92) het baie kommentare en reaksie op sosiale media ontlok: Burnett Cilermo Heskwa: Mense wat sulke goed doen moet boet vir die saak, ons as gemeenskap moet regtig opstaan teen sulke goed en jule moet lewenslank kry. Mariana Human: Ons regstelsel moet net begin voorbeelde maak van al hierdie verkragter­s, moordenaar­s, diewe en aanranders. Rina van Aswegen: Baie dankie aan die buurman, sodat sommer vinnig gereageer kon word. Diena Thyse: Amen. Baie dankie vir die knap werk van die polisie. Louis Reynders: Geen genade nie... Sielose, gewetenlos­e lafaards! Magdalena Marais: 'n Pluimpie vir die SAPD. Well done. Cecile Smal: Baie dankie aan die polisie vir uitmuntend­e werk. Ons harte gaan uit na die dames en familie. Harde slag vir ons hele gemeenskap van Jongensfon­tein en Stilbaai. Is mens dan nêrens meer veilig nie? Elmien Ottomoffat-Biddulph: 80!!! Sy was so weerloos 'n jong kind sou haar kon oorompel het. Die lae lakke!! Ek hoop hulle sit tot nooit ophou... 'n Weerlose ou vrou... Glenecia Rossouw: Dankie polisie, goeie werk! Ai, is ons dan nêrens meer veilig nie? En om te dink dis ou mensies wat in die slag was, ons het ons ou mensies so lief, maar gelukkig is hulle gevang... Amelia Raven: Skokkend, hartseer en kwaad! Sy het nie verdien om so dood te gaan nie. Randall Meyer: Hoop die boosewigte word gou gevang. Willa van Wyk: Sprakeloos, hartseer en kwaad oor hierdie bose daad. Innige simpatie aan familie en vriende. RIV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa