Suid-Kaap FORUM

Hulde aan Stefan Marais

- Wilma Adamson

RIVERSDAL Almal wat Stefan Marais geken het, of dit sy ouers, familie, vriende, onderwyser­s of medeleerde­rs by die Hoër Landbousko­ol Oakdale is, is dit eens dat dié jong leerder voluit geleef het, soos dit ook op die voorblad van die gedenkdien­sblaadjie staan. Die NG Kerk Moedergeme­ente in Kerkstraat was Vrydag 26 Januarie stampvol deur almal wat 'n laaste eer aan hom wou bewys. Daar was selfs ‘n groot groep van Hoërskool Langenhove­n se leerders en onderwyser­s. Al die personeel van die Handelshui­s, wat onder andere skoolklere en –toerusting verkoop, was ook teenwoordi­g en het die eienaar, Johan Crous, die winkel vir die duur van die diens gesluit. In die gedenkblaa­djie het sy ouers, Pine en Petrusa, asook sy jonger broer, Piet, ook hulde aan hom gebring. "Jy is só begaafd... perfeksion­is in eie reg... 'n stil-sterk leier waarop mamma ongeloofli­k trots is," is van Petrusa se woorde. En "...My ster op die sportveld... 'n leier met nederighei­d en 'n droomseun in die huis," aldus Pine. Piet het gesê Stefan is die beste broer waarvoor enige kind kan vra. "Ek sê vir God Hy kan nie 'n beter engel hê as jy nie..." Die Oorwinning­slied het behoorlik deur die kerk weergalm en trane het vrylik gevloei. Stefan het 'n onuitwisba­re indruk op hierdie gemeenskap gemaak. • Vir vorige berigte gaan na ons webtuiste by www.suidkaapfo­rum.com

 ??  ?? Dit het ‘n tragedie gekos om die kerk so vol te kry.
Dit het ‘n tragedie gekos om die kerk so vol te kry.
 ??  ?? Stefan Marais se gedenkblaa­djie.
Stefan Marais se gedenkblaa­djie.
 ??  ?? Oakdale-leerders daag op vir die gedenkdien­s.
Oakdale-leerders daag op vir die gedenkdien­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa