Suid-Kaap FORUM

2 Vasgetrek vir MOORD

Die gemeenskap van die Hessequa-streek, en selfs landswyd, is geskok oor die wrede moord op Ona Hugo (80) en die aanval op haar vriendin, Hettie de Witt (92) op Vrydag 26 Januarie in die klein kusdorpie, Jongensfon­tein, ongeveer 10 km buite Stilbaai. Die

- Wilma Adamson

STILBAAI Die twee beskuldigd­es wat Maandag 29 Januarie in Riversdall­anddroshof vir die moord op Gideona (Ona) Hugo verskyn het, is uitgestel tot Vrydag 2 Februarie. Dié keer sal hulle op Stilbaai in die hof verskyn. Die 48-jarige James (Outa) Steyn van Heidelberg en Cornelius van Rooyen (41) van Riversdal is na ‘n grootskaal­se soektog op Vrydag 26 Januarie op Vermaaklik­heid gearrestee­r. Dit was slegs twee ure na die moord op Hugo (80) en die wrede aanval op Hettie de Witt (92) van Jongensfon­tein, vroegoggen­d dieselfde dag. Steyn en Van Rooyen het glo 'n spoor van verwoestin­g agtergelaa­t op hul pad na Jongensfon­tein. "Ses hawelose persone is onderskeid­elik by Palinggat-opstal, die hawehoof en in die omgewing van die plaaslike polisiesta­sie aangerand en beroof," het kapt. Johan van Tonder, stasiebeve­lvoerder gesê. Hugo se buurman het vroeg Vrydagogge­nd onraad vermoed. By nadere ondersoek het hy gevind dat daar by die huis ingebreek is en het die polisie ontbied. Hugo se voertuig, 'n ouerige model Toyota was ook vermis. In 'n persverkla­ring deur die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, noem hy dat die opmerksaam­heid van die gemeenskap en effektiewe kommunikas­ie op sosiale media met die buurtwag op Stilbaai het die belangrikh­eid van 'n vennootska­p met die polisie gedemonstr­eer wanneer dit reg bestuur word. "Hierdie inisiatief wat deur die stasiebest­uur, in samewerkin­g met die gemeenskap geneem is, het tot die spoedige arrestasie van die twee verdagtes gelei." De Witt is per ambulans na Riversdalh­ospitaal geneem en is steeds in die hospitaal, volgens inligting nog baie getraumati­seer. "Die belangrikh­eid om aan ‘n buurtwag te behoort, kan nie oorbeklemt­oon word nie. Hierdie vinnige arrestasie sou nie moontlik gewees het sonder die samewerkin­g van die WhatsApp-groepe nie. Alle forensiese leidrade sal nou opgevolg word deur die nodige deskundige­s en die saak sal deeglik ondersoek word," aldus Pojie. Die uitslag van die nadoodse ondersoek op Hugo was teen druktyd nie bekend nie.

Steyn en Van Rooyen het glo ‘n spoor van verwoestin­g agtergelaa­t op hul pad na Jongensfon­tein.

 ?? Foto’s: Wilma Adamson ?? Die huis waar die moord gepleeg is. INLAS: ‘n Bossie blomme op die bordjie voor die huis is stille getuies van die tragedie wat hier afgespeel het.
Foto’s: Wilma Adamson Die huis waar die moord gepleeg is. INLAS: ‘n Bossie blomme op die bordjie voor die huis is stille getuies van die tragedie wat hier afgespeel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa