Suid-Kaap FORUM

Gouritsriv­ier vloei ook

- Jeff Gibson korrespond­ent

Vir die afgelope 16 maande het die Gouritsriv­ier geen water binnelands gehad nie. Nou, na goeie reën veral in die Wydersrivi­er se opvangsgeb­ied, loop die rivier weer.

Die opvangsgeb­ied vir die rivier is sowat 45 000 vierkante kilometer groot, maar die afgelope goeie reën is beperk tot die westelike deel hiervan, oor die Langeberge en Outeniquab­erge. In die Rooiberge, ongeveer 25 km oos van Van Wyksdorp en so 15 km suid van Calitzdorp kom die Gamka- en die Olifantsri­viere saam om die Gouritsriv­ier te vorm. Net noord van die kloof wat die skeiding vorm tussen die Langeberge en die Outeniquab­erge, sluit die Grootrivie­r van wes by die Gouritsriv­ier aan. Stroomaf sluit die Langtouw van noordwes ook aan. Van hier gaan die rivier deur die berge en kom by Die Poort op die kusvlakte aan. Uit die weste sluit nog twee klein riviere, die Wydersrivi­er en die Valsriver aan. Die Wydersrivi­er word ook deur twee ander riviere gevoed, naamlik die Witels- en Doringrivi­ere. Volgens plaaslike boere was die rivier ‘diep droog’ en om dit te sien vloei, beteken dat daar baie water ingestroom het. Terwyl die boere en inwoners langs die rivier verheug is oor die huidige toestand, is hulle bekommerd dat die kosbare water in die see gestort word. Daar is al vanaf 1969 planne voorgestel om ‘n dam in die Wydersrivi­er te bou, maar dit het nooit gerealisee­r nie. Baie vertoë is tot in die 1990’s gerig om die dam te bou, maar die soete, kosbare water loop nog die see in. ‘n Opvolgberi­g oor die geskiedeni­s van die beplande dam en huidige situasie sal geplaas word sodra met die betrokkene­s gesels is. Die foto’s is geneem waar die Valsrivier in die Gouritsriv­ier uitmond en die gebied word ‘Valsrivier­mond’ genoem.

 ??  ?? Kosbare reën het ook die Gouritsriv­ier gevoed.
Kosbare reën het ook die Gouritsriv­ier gevoed.
 ??  ?? Die bokke is vasgekeer en kon nie huiswaarts keer nie. Foto’s: Jeff Gibson, korrespond­ent
Die bokke is vasgekeer en kon nie huiswaarts keer nie. Foto’s: Jeff Gibson, korrespond­ent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa