Suid-Kaap FORUM

Helene kuier by haar blouoog boer

- San-Marié Cronjé

Aanhangers van die Boer soek 'n vrou-reeks sal verheug wees om te hoor dat hulle vir Adriaan en Helene by vanjaar se Riversdal-landbousko­u kan raakloop. Adriaan gaan van hul boerdery se skape skou terwyl Helene by een van die kosstallet­jies sal help. Volgens Helene is sy oral ingespan om te help, maar sy sien die meeste daarna uit om te sien hoe 'n gemeenskap bymekaarko­m. Sy is opgewonde oor die skou en sê dat mense welkom is om met hulle te gesels. Suid-Kaap Forum het die geleenthei­d gehad om 'n paar unieke vrae aan die twee verliefdes te stel. Hulle lyk steeds smoorverli­ef en kyk elke nou en dan diep in mekaar se oë. Die slanke Helene sê, mense moet onthou dat hulle 'n normale verhouding het en mekaar beter leer ken. Sy vertel: "Ek en Adriaan is baie dieselfde. Wanneer ons gesels en hy sê dat hy 'n sekere manier oor iets voel, dan is dit presies hoe ek daaroor voel. Ons is al twee baie familie vas en dit is vir ons belangrik om tyd saam met ons geliefdes te spandeer. Met verjaarsda­e en spesiale geleenthed­e sal ons moeite doen om saam met familie en vriende te kuier." Tans is die afstand nie 'n probleem nie. Hulle probeer om ten minste elke twee weke bymekaar te kuier. Helene sien haarself as 'n onafhankli­ke vrou en baie hardkoppig en daarom was dit nie vir haar maklik om die besluit te neem om in te skryf nie, maar sy het dadelik geweet dat sy vir Adriaan moet ontmoet nadat sy die gedeelte op die reeks gesien het waar hy homself bekendstel. Hoe hy homself beskryf het, het haar aangetrokk­e tot hom laat voel. "Dit was vir my belangrik om myself te wees. Hoe hy beskryf het waarna hy in iemand soek en hoe daardie persoon moet wees het vir my baie ooreengest­em met my persoonlik­heid. Ek is 'n ekstrovert, hou van mense en is baie vriendelik." Hy het haar verwagting­e oortref. Sy het ingeskryf vir iemand wat baie sosiaal is en daarvan hou om saam met vriende te kuier, maar Adriaan is meer rustig as wat hy voorgekom het. Albei hou daarvan om betyds te wees en beplanning deeglik te doen. Adriaan sê: "Baie mense sê dat jy die teenoorges­telde van mekaar moet wees en ander mense sê weer dat jy dieselfde moet wees. “Hoe meer tyd ons saam spandeer hoe meer kom ons agter dat ons baie meer dieselfde is as wat ons gedink het. Dit is vir my lekker dat dit so is." Hoewel Adriaan nie die draf tipe is nie het hy vinnig geleer om in Helene se spore te volg wanneer dit by draf kom. Hulle draf nou gereeld saam en beplan nog baie meer aktiwiteit­e wat hulle saam wil doen.

 ??  ??
 ??  ?? Die sprankelpa­artjie van Boer soek ‘n vrou-reeks, seisoen 10 is steeds verlief en was op 1 Februarie ses maande saam. Helene en Adriaan sal by die Riversdal-landbousko­u wees en wil graag meer mense van die gemeenskap ontmoet.
Die sprankelpa­artjie van Boer soek ‘n vrou-reeks, seisoen 10 is steeds verlief en was op 1 Februarie ses maande saam. Helene en Adriaan sal by die Riversdal-landbousko­u wees en wil graag meer mense van die gemeenskap ontmoet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa