Suid-Kaap FORUM

Dam vol na goeie reën

- Aletta Sutherland korrespond­ent

HEIDELBERG Die Duivenhoks­dam loop reeds vanaf Vrydag 2 Februarie oor. Volgens Kobus Meyer, waterfiska­al van die Duivenhoks-besproeïng­sraad is waterbeper­kings slegs twee dae voor die reën vir boere ingestel. Sy groot taak is om te kyk dat water so regverdig moontlik onder weidings- en groenteboe­re versprei word. Daar is 150 ml reën vir Januarie op Ben Coetzee se plaas, ongeveer 20 km buite die dorp gemeet. Slegs ‘n gedeelte van die dam se opvangs kom daarvandaa­n. “Die dam reageer baie gou op die reën uit die suidooste. Die opvangs is baie goed,” het Meyer gesê. Volgens die dam toep was dit 100,5% op 2 Februarie, terwyl dit voor die reën slegs 69,2% vol was. Verlede jaar dieselfde tyd was dit 80,6% vol. Die dam het ‘n kapasiteit van 6,4 miljoen m3 en is net buite Heidelberg in Ertjiesvle­iberg geleë. Dit is in 1960 begin bou en in 1963 voltooi. Susan Geldenhuys, mediawoord­voerder van Hessequa-munisipali­teit het by navraag gesê dat, hoewel die streek die afgelope maand heelwat reën ontvang het, waterbeper­kings steeds in plek is vir die hele streek. “Die instelling van waterbeper­kings is noodsaakli­k in alle gebiede en op alle dorpe om die behoud van waterbronn­e te verseker. Waterbespa­ring moet deel word van verbruiker­s se lewenstyl.” Die landelike gebied en areas wat deur die brand geaffektee­r is, is steeds droog. Die munisipali­teit het op 6 Februarie saam met die departemen­t plaaslike regering WesKaap, water en sanitasie nasionaal, Edendistri­ksmunisipa­liteit en Breede-Gourits water catchment management area vergader oor droogte-assesserin­g en maatreëls wat getref kan word.

 ?? Foto: Aletta Sutherland, korrespond­ent ?? ‘n Pragtige gesig... Die Duivenhoks­dam loop oor na die goeie reën die afgelope tyd.
Foto: Aletta Sutherland, korrespond­ent ‘n Pragtige gesig... Die Duivenhoks­dam loop oor na die goeie reën die afgelope tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa