Suid-Kaap FORUM

Versteende kameelperd­spore gevind

- Elza Thiart-Botes korrespond­ent

STILBAAI Die Suid-Kaap het onlangs weer argeologie­se geskiedeni­s gemaak nadat daar amptelik bekend gemaak is dat van die versteende spore wat oos van die geelkranse by Stilbaai ontdek is, inderdaad kameelperd­spore is.

Daar was ook verskeie ander vondste en spore. Die bevindings van die kameelperd­spore is ongeveer twee weke gelede in die South African Journal of Science gepublisee­r. Die Stilbaai-navorser, Jan de Vynck (MSc: PhD ingedien) wat verbonde is aan die Nelson Mandela Universite­it (NMU) en die Universite­it van Johannesbu­rg (UJ) en wie deel uitgemaak het van die span wat verskeie besoeke aan dié gebied gebring het, het die belangrikh­eid van dié ontdekking met Suid-Kaap Forum gedeel. Hy was ook die medeskrywe­r van die gepublisee­rde artikel en het dit saam met dr. Charles Helm opgestel. Kameelperd­e het spesifieke voedselbeh­oeftes en hul habitat is grasvelde (savanna), wat beteken dat hulle nie sou oorleef as die gebied nie vir hulle geskik was nie. Histories is bewyse van kameelperd­e nog net tot op die 29ste breedtegra­ad gevind by die Oranjerivi­er en eenmalig in die noordelike Namakwalan­d (30ste breedtegra­ad), met Stilbaai wat by die 34ste breedtegra­ad geleë is.

Die seevlak was gereeld baie laer as vandag as gevolg van ystydperke en die toename van ys op die pole. Die see was dan baie ver weg - meer as 100 km - en het 'n bewoonbare landskap ontbloot, die Agulhas-bank. Die spore dateer uit die tweedelaas­te ystydperk (195 000 tot 123 000 jaar gelede) en is dus 'n duidelike bewys dat hierdie hedendaags ondersese landskap toe 'n savanna landskap was. Die onlangse ontdekking volg op vorige argeologie­se vondste in die omgewing, wat insluit die Stilbaai Punt wat in die 1930’s deur CHTD Heese, die oupa van die voorsitter van die Hessequa Vereniging vir Argeologie, dr. Chris Heese, gemaak is. Dit was een van die ontdekking­s wat die belangrikh­eid van dié omgewing beklemtoon het vir die ontstaan van moderne mense. Daarna het prof. Chris Henshilwoo­d die okerklip met die merke op en later die krale by die Blombos-grot wes van Stilbaai ontdek. Die simboliese artefakte dui op die kognitiewe vorming van ons spesie en hierdie vondste dateer uit die MiddelStee­ntydperk vanaf 77 000 jaar gelede en ouer. Dit het weereens bevestig dat die SuidKaap argeologie­s spesiaal is. Die volledige kameelperd­spore publikasie is beskikbaar by www.sajs.co.za Op 9 Maart om 19:00 word ‘n praatjie deur drs. Curtis Marean en Naomi Cleghorn by die Jagersbosc­h Waenhuissa­al aangebied, wat sal handel oor die nuutste wêreldroer­ende projekte.

 ??  ?? Dié versteende kameelperd­spore op Stilbaai het geskiedeni­s gemaak. Foto verskaf
Dié versteende kameelperd­spore op Stilbaai het geskiedeni­s gemaak. Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa