Suid-Kaap FORUM

Misdaad bedreig almal

-

RIVERSDAL Baie inwoners is nie daarvan bewus dat die Aalwynfleu­r-buurtwag elke aand en deur die dag hul buurt deurkruis om sodoende misdaad te help voorkom nie.

Volgens Emor Nel, voormalige Hessequabu­rgemeester en betrokke by die buurtwag, is dit 'n liefdesdie­ns, "maar ook ons as inwoners se voorreg om hierdie taak uit te voer." Inwoners word versoek om hul naam op die buurtwagly­s te plaas om almal se taak te verlig. Dit kan beteken dat in stede daarvan dat elke lid tans drie opeenvolge­nde aande per week elke tweede maand moet ry. Dit kan na een aand per week oor ‘n langer tydperk verminder. "Ons is deel van die AfriForum Buurtwagbe­stel. Dit hou baie voordele in, soos die verkryging van buurtwagma­teriaal, ondersteun­ing in krisistye en baie kundigheid wat die buurtwag baie ondersteun. Ons weet dat misdaad die oplettendh­eid, paraatheid en deelname van die publiek vereis. Kom ons deel almal in hierdie verantwoor­delikheid." Lidmaatska­pvorms is beskikbaar by Kerneels Wolfaardt, Huis Wallace Anderson of kontak Nel by 082 459 0889 om jou te besoek. • Die stigting van 'n middedorp buurtwag vind op 22 Februarie om 18.00 by die NG Kerk Moedergeme­ente kerksaal op Riversdal plaas en almal word genooi om dit by te woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa