Suid-Kaap FORUM

Cars help met die versorging van diere

-

RIVERSDAL "Ons wil nie jou dier van jou af wegvat nie, ons wil mense help om hul dier te kan versorg."

Dit is waarop Sandra Lotz, stigter en voorsitter van die Community Animal Rescue Service (Cars) klem gelê het. "Dit is belangrik vir Cars om vrywillige­rs te hê wat kan help. Jy hoef nie op die komitee te dien nie. Vrywillige­rs se hulp sal ingeroep word met fondsinsam­elingsproj­ekte, opnames en sterilisas­ie dae. Hulle hoef nie 24 uur beskikbaar te wees nie." Vrywillige­rs wat graag meer wil doen om te help kan as addisionel­e lid aansluit. Cars is reeds in 2008 gestig en het die hulp van die gemeenskap nodig om van krag tot krag te gaan. Die nie-winsgewend­e organisasi­e is afhanklik van skenkers. Die geld word gebruik om katte en honde te sterilisee­r. Sodra daar meer geld tot Cars se beskikking is kan meer diereliefh­ebbers opgevoed word. 'n Algemene jaar vergaderin­g is onlangs gehou en daar is weer bespreek wat die doel en vooruitsig­te vir Cars is. Nuwe komiteeled­e is ook gekies. Die bestaande komitee is tans Jaap Kruger (ondervoors­itter), Robyn Learnmonth (tesourier) en Sandra. Nuwe lede wat gekies is, is Mari Stander (addisionel­e lid) en Erma Franz (sekretares­se). Indien jy by Cars betrokke wil raak of 'n bydrae op enige manier wil lewer, stuur 'n e-pos na: sandralotz@telkomsa.net

 ??  ?? Voor is: Sandra Lotz (stigter en voorsitter), Jaap Kruger (ondervoors­itter) en Erma Franz (sekretares­se). Agter is Robyn Learnmonth (tesousier) en Mari Stander (addisionel­e lid).
Voor is: Sandra Lotz (stigter en voorsitter), Jaap Kruger (ondervoors­itter) en Erma Franz (sekretares­se). Agter is Robyn Learnmonth (tesousier) en Mari Stander (addisionel­e lid).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa