Suid-Kaap FORUM

IN KORT

-

STILBAAI Die Suid-Afrikaanse Erfenis Hulpbronne Agentskap het die Noordkappe­rpunt visvywers by Stilbaai as ’n nasionale erfenister­rein verklaar. Die visvywers se oorsprong en tydperk wat dit reeds bestaan, is onbekend. Dit is reeds vanaf die 20ste eeu deur plaaslike vissermann­e en landbouers onderhou en is tans steeds bruikbaar. Die plaaslike gemeenskap het die vywers onderhou en gebruik, maar dit is stadig en seker besig om verlore te raak. Navorsing in Suid-Afrika wys dat hierdie tegnologie gedurende koloniale tye gebruik is met bewyse in die argiewe dat dit terugdatee­r van 1892 en vorentoe. Visvywers is gebou sodat die see met hoogwater bo-oor die klippe spoel en dié mensgemaak­te poele vul. Vis word dan daarin vasgekeer. Met laagwater trek die see weer terug terwyl die vis agterbly. Dit het vangs vergemakli­k en was baie effektief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa