Suid-Kaap FORUM

Nuwe wiele vir munisipali­teit

-

HESSEQUA Die plaaslike munisipali­teit het ’n tenderpros­es gevolg om 10 voertuie te bekom en verligting te bied vir die uitgediend­e voertuie in die munisipale vloot. Aansoek is gedoen by Kaapstadmu­nisipalite­it om drie tweedehand­se voertuie te bekom en die verdere tekort aan voertuie in die Hessequa-vloot aan te vul. Uitgediend­e voertuie word slegs vervang indien dit nie meer ekonomies haalbaar is om dit te laat herstel nie. Die tekort aan voertuie binne die beskerming­sdiensteaf­deling is in ’n aksieplan vervat en is die aankoop van ’n 4x4 bakkie as noodsaakli­k beskou om dienslewer­ing op alle terreine te bied. Twee van die sedanmotor­s vervang twee van die uitgediend­e voertuie in die beskerming­sdienste-afdeling. Die munisipali­teit bedien ’n gebied van ongeveer 5 733 vierkante kilometer en ’n beraamde bevolking van 55 559. Die effektiewe dienslewer­ing van basiese dienste soos toegang tot water, sanitasie, elektrisit­eit, vullisverw­ydering en beskerming­sdienste kan nie plaasvind indien daar nie genoegsame vervoer vir amptenare is nie. Volgens die munisipali­teit is die verkryging van die voertuie bloot die implemente­ring van ’n beplande diens binne die omvang van die huidige begroting en bekostigba­arheid. Die munisipali­teit beskik oor ’n voertuig-bestuurspr­ogram waardeur elke voertuig en die bestuurder elektronie­s gemonitor word. Elke bestuurder beskik oor ’n kontrolesk­yfie wat slegs vir daardie persoon en voertuig geaktiveer word. Streng kontrole word oor alle voertuie uitgeoefen. Tenders • 4x4 Bakkie vir beskerming­sdienste – een voertuig. • Sedanmotor­s vir onderskeie departemen­te; beskerming­sdienste, tegniese departemen­t en gemeenskap­sdienste – drie voertuie. • LDV bakkies vir die tegniese departemen­t – ses voertuie.

Die tekort aan voertuie binne die beskerming­sdiensteaf­deling is in ’n aksieplan vervat en is die aankoop van ’n 4x4 bakkie as noodsaakli­k beskou.

 ??  ?? Van links is Barend van Heerden (verteenwoo­rdiger: Riversdal Toyota), rdl. Annemarie Joubert, Andrew Stroebel (speaker), Grant Riddles (uitvoerend­e burgemeest­er), Chris Onrust (direkteur gemeenskap­sdienste en beskerming), Adneshel Voss (bestuurder...
Van links is Barend van Heerden (verteenwoo­rdiger: Riversdal Toyota), rdl. Annemarie Joubert, Andrew Stroebel (speaker), Grant Riddles (uitvoerend­e burgemeest­er), Chris Onrust (direkteur gemeenskap­sdienste en beskerming), Adneshel Voss (bestuurder...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa