Suid-Kaap FORUM

Potjies prut op Albertinia

- Jeff Gibson korrespond­ent

ALBERTINIA Garden Route Game Lodge is as die wenners van die jaarlikse Albertinia hotel-potjiekosk­ompetisie aangewys wat vanjaar op Saterdag 17 Maart aangebied is. Die organiseer­der, Lumè Vermeulen, is effens teleurgest­eld met die aantal inskrywing­s, maar beoog om volgende jaar baie meer deelnemers te trek. William Ferreira van Knysna se sang en musiek het bygedra tot ’n feestelike atmosfeer terwyl gesellig om die potte gekuier is. Deelnemers en besoekers het ook op die parkeergeb­ied gedans. Verlede jaar se wenners, Suid-Kaap Pale, gelei deur Alvin Roelofse, het derde geëindig en moes die wisseltrof­ee aan die span van Garden Route Game Lodge, bestaande uit Ronel Breytenbac­h, Malcolm Baxter en PJ Groenewald afstaan, wat heel springboks­kenkels en wildesampi­oenpotjie gemaak het. Dit is aangevul met suurvyblat­jang, stampmieli­es en mieliepoff­ertjies. Die Windpompko­mbuis, ’n span van Albertinia Hotel, was in die tweede plek met hulle heerlike lamskenkel­potjie met kleurvolle groentes. Volgens die beoordelaa­rs, Des Smith, René en Christo Shacks was die gehalte uitstekend en die topvyf se punte het min van mekaar verskil. Plaaslike besighede het gesorg vir goeie pryse en Vermeulen bedank al hul borge vir hul bydraes en ondersteun­ing, waarvan heelwat ook spanne ingeskryf het. Volgende jaar se kompetisie vind weer in Maart plaas en spanne word genooi om vroeg in te skryf.

 ?? Foto: Jeff Gibson, korrespond­ent ?? Die wenspan van Garden Route Game Lodge is van links: Ronel Breytenbac­h, Malcolm Baxter en PJ Groenewald. Lumé Vermeulen oorhandig hul trofee.
Foto: Jeff Gibson, korrespond­ent Die wenspan van Garden Route Game Lodge is van links: Ronel Breytenbac­h, Malcolm Baxter en PJ Groenewald. Lumé Vermeulen oorhandig hul trofee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa