Suid-Kaap FORUM

Kwadruplee­g styg uit

- San-Marié Cronjé

RIVERSDAL André Koen (45) kwadruplee­g, atleet en kunstenaar het vanjaar se Cape Town Cycle Tour in 8 ure 56 min met sy driewiel-handrolsto­el (hand cycle) voltooi. “Glo in jouself, want as jy nie in jouself glo nie, hoe kan jy dan verwag dat ander mense in jou moet glo?” So het Koen homself gemotiveer om vorentoe te kyk. Agt kilometer voor die eindstreep het sy fiets se ketting vir ’n tweede maal gebreek. ’n Omstander het hom ’n kilometer ver gestoot voor ’n mede-fietsryer sy linkerhand gevat het en hom die laaste 7 km tot by die einde getrek het. Om druksere te voorkom moes hy gereeld stop om homself reg te skuif. Koen vertel: “Ek was moedeloos. Terwyl die fietsryer my hand gevat het, het hy vir my gesê dat ek nou so ver gekom het en hulle kan my nie net daar laat staan nie. Ek was in ekstase en in trane om te kon klaarmaak. So baie mense het bygedra sodat ek kon deelneem. Ek het nie teen een opdraande gestop nie, maar niks kan jou voorberei vir die pyn wat jy moet deurmaak nie.” Hy is reeds vir 29 jaar ’n kwadruplee­g. Drie dae voor sy 17de verjaarsda­g in 1989 het ’n bakkie voor hom ingery. “Ek het aan die binnekant van die geellyn gery toe die bakkie voor my ingery het. Die eerste konstabel wat op die toneel was het my opgetel en die skade vererger.” Ten spyte van sy omstandigh­ede bly hy positief. “Die lewe in ’n rolstoel is nie maklik nie. Wanneer jy positief wakker word maak dit, dit makliker. Ek is nie negatief nie en hou ook nie daarvan wanneer mense negatief is nie. Jy moet baie opoffering­s maak en uiters gedissipli­neerd wees.” Hy het reeds drie maal aan die OCC 42 km-wedren in George deelgeneem nadat hy in 2016 met die driewiel-handrolsto­el begin ry het. Hy het twee brons- en een silwermeda­lje met die OCC ingepalm. Hy kon eers nie ’n driewielro­lstoel bekostig nie en het vir liefdadigh­eid gery met ’n rolstoel wat hy gehuur het. Koen het onlangs met kunsklasse begin en is tans besig om aan ’n skildery te werk. Sy volgende uitdaging is die 115 km Knysna Cycle Tour. “Dankie aan elkeen wat my ondersteun het. Dankie aan die borge wat dit vir my moontlik gemaak het om daar uit te kom.” Indien jy belangstel om hom te borg of van enige hulp kan wees, skakel André by 072 717 5949.

 ??  ??
 ??  ?? André het hierdie plakker laat maak vir almal om te sien. André bly positief en werk hard vir dit wat hy bereik. Die vlaggie agter aan die rolstoel help dat ander fietryers en motoriste hom raaksien.
André het hierdie plakker laat maak vir almal om te sien. André bly positief en werk hard vir dit wat hy bereik. Die vlaggie agter aan die rolstoel help dat ander fietryers en motoriste hom raaksien.
 ??  ?? André Koen is reeds vir 29 jaar ’n kwadruplee­g en het vanjaar die Cape Town Cycle Tour voltooi. Hier spog hy met dié medalje.
André Koen is reeds vir 29 jaar ’n kwadruplee­g en het vanjaar die Cape Town Cycle Tour voltooi. Hier spog hy met dié medalje.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa