Suid-Kaap FORUM

Pitty en Vena kry ’n tweede kans

-

RIVERSDAL ’n Amerikaans­e veghond (Pit bull) reun wat brandsiek of sarcoptic mange opgedoen het, was in so haglike toestand dat niemand gedink het hy gaan dit oorleef nie. Sandra Lotz, voorsitter en stigter van Community Animal Rescue Society (CARS) het ingegryp. Die reun was so uitgeteer dat sy ribbekas sigbaar was. Met al die gekrap en byt sowel as die myte wat onder sy vel ingekruip het, was daar nie meer hare op sy bene, stert en agterlyf nie. ’n Kors het reeds op die hond begin vorm en sy sitvlak was stukkend. Die teef was ook besmet, maar was nie in so ’n erge toestand nie. Die eienaars het hul veghond-reun en teef albei met brandsiek, geneem om gedip te word tydens CARS se dipdag by Riverville op Saterdag 10 Maart. Lotz het aangedring daarop dat die eienaar die honde na ‘n plaaslike diereklini­ek toe moet neem waar hulle ’n reëling kan tref vir dié honde se behandelin­g. Dr.Tina Kaldenberg, ’n veearts, was geskok toe sy die hond sien en het die hond ondersoek. Dit is bevestig dat die honde wel sarcoptic mange (word ook brandsiek genoem) het wat ook na mense oorgedra kan word. Dit is mikroskopi­ese klein ‘goggas’ wat binne in die vel van die dier inkruip. Dié ‘gogga’ lê eiers en vermeerder vir solank dit nie behandel word nie. Die besmette dier jeuk onophoudel­ik wat ’n gekrap en byt afgee. Diere verloor hare en die vel word korsagtig. Dit blyk dan of die hond gebrand het en daarom word dit ook brandsiek genoem. Lotz het gesê: “Honde steek bymekaar aan en moet gereeld gebad en gedip word om hierdie tipe situasies te vermy. Om troeteldie­re aan te hou moet jy verantwoor­delikheid vir daardie diere neem en jou erf ook gereeld behandel. Diere se beddens en die area waar hulle beweeg en slaap moet skoon gehou word.” Die maklike manier sou wees dat die honde uitgesit moet word maar, die eienaar het onderneem om CARS te help deur ander honde eienaars in sy gemeenskap te leer hoe om beter na hul honde om te sien. Die veearts se kostes moet steeds betaal word en daarom word daar tussen CARS, die eienaar en die diereklini­ek ’n reëling getref. “Mense moet onthou dat wanneer ’n hond jeuk dit nie altyd net vlooie is nie. Ons wil nie mense se honde van hulle af wegneem nie. Dit is ons doel om op te voed en te help waar ons kan. Jy kan ook nie diesel oor jou hond gooi nie, dit vererger net ’n hond se toestand.” Die honde het medikasie en elkeen ’n inspuiting gekry. Hulle is reeds en word eenmaal ’n week deur die veearts gebad, dip en behandel. Dit is die eienaar se verantwoor­delikheid om die honde oor naweke te bad. Indien die honde nie verbeter en die eienaar nie sy

Dit is bevestig dat die honde wel sarcoptic mange (word ook brandsiek genoem) het wat ook na mense oorgedra kan word.

 ??  ?? Dr Tina Kaldenberg, veearts van die diereklini­ek verduideli­k vir die eienaars van die honde wat die implikasie­s van die honde se siekte is. Hier is Pitty die wit en bruin hond.
Dr Tina Kaldenberg, veearts van die diereklini­ek verduideli­k vir die eienaars van die honde wat die implikasie­s van die honde se siekte is. Hier is Pitty die wit en bruin hond.
 ??  ?? Dr Kaldenberg maak seker watter tipe sarcoptic mange die honde het.
Dr Kaldenberg maak seker watter tipe sarcoptic mange die honde het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa