Suid-Kaap FORUM

Jong leerder roem as held

- Wilma Adamson

‘’n Vreemde man het na my toe gekom en gesê dat die een meisie in die moeilikhei­d is en dit lyk of sy verdrink.’

RIVERSDAL ’n Graad 10-leerder van Gerrit du Plessis Senior Sekondêr, Codian Michaels, kan na dese as ’n held beskou word. Michaels (17) was op Saterdag 3 Maart saam met die skool se VLR op ’n kamp op Hartenbos. Van die aktiwiteit­e wat hulle gedoen het, het by die see plaasgevin­d. ‘‘Ek het in ’n stadium eenkant gaan sit omdat ek moeg was en gesien dat die seestrome sterk was, omdat die branders ook hoër as gewoonlik was,’’ vertel hy. Hy het drie meisies in die see opgemerk wat op hul branderpla­nke gery het. Twee van hulle het ’n bietjie later uitgekom. ‘‘’n Vreemde man het na my toe gekom en gesê dat die een meisie in die moeilikhei­d is en dit lyk of sy verdrink.’’ Hy het vermoed dat die man nie kon swem nie, daarom dat hy hóm genader het. Michaels het nie gehuiwer nie, maar dadelik in die see gegaan en omdat die stroom baie sterk was, saam daarmee beweeg. Toe hy by die meisie kom het hy aan haar gesê dat sy nie moet spartel nie en haar toe na veiligheid gebring. ‘‘Alles het so skielik gebeur dat ek nie eens haar naam gevra het nie.’’ Caville Abrahams, koördineer­der by Hessequamu­nisipalite­it vir opleiding aan lewensredd­ers het aan Suid-Kaap Forum gesê dat Michaels verlede jaar gedurende September tot November opleiding as lewensredd­er ontvang het. Hy het ook gedurende feesseisoe­n tussen Desember en Januarie in die Hessequa-streek diens gedoen. Sy ouers, Theonita en Jacob Michaels, is baie trots op hul seun.

 ??  ??
 ??  ?? Codian Michaels het ’n sertifikaa­t van onderburge­meester, Johannes Hartnick op Maandag 19 Maart vir sy heldedaad ontvang. Van links is Caville Abrahams, Hartnick en Michaels.
Codian Michaels het ’n sertifikaa­t van onderburge­meester, Johannes Hartnick op Maandag 19 Maart vir sy heldedaad ontvang. Van links is Caville Abrahams, Hartnick en Michaels.
 ??  ?? Die onbekende man wat Codian Michaels genader en op die strand gestaan en wag het, het ’n foto van hulle geneem toe hy met die meisie uit die see kom.
Die onbekende man wat Codian Michaels genader en op die strand gestaan en wag het, het ’n foto van hulle geneem toe hy met die meisie uit die see kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa