Suid-Kaap FORUM

Heibi skok met oorwinning oor Barbarians

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Die hoogaanges­krewe Barbarians-rugbyklub (BaaBaas) van Mosselbaai is Saterdag 24 Maart hard teruggebri­ng aarde toe toe Heidelberg hulle oortuigend met 27-10 in hul tweede tuiswedstr­yd in die SWDRU Premierlig­a verslaan het.

Heidelberg (Heibi) het rustyd met 17-7 voorgeloop. Met dié vertoning het die tuisspan weereens ’n duidelike boodskap na hul eerste sege van 24-8 oor Silver Stars van George, aan die ander spanne gerig dat hulle baie ernstig is om hul status as premierlig­aklub te beskerm. Dit is die tuisspan se terugkeer na dié liga na 10 jaar. Vanaf die afskop het Heibi, soos hulle alombekend is, gou die oorhand oor BaaBaas gekry en vir die eerste 20 minute aanval op aanval geloods op hul opponente se doellyn. Dié aanhoudend­e druk het meegebring dat twee drieë deur die senter Denver Lutz aangeteken is. Albei is deur Corbin Swartbooi, kwiksilwer heelagter, verdoel. Swartbooi het ook sy span se eerste punte in die vyfde minuut met ’n strafskop aangeteken. BaaBaas se enigste drie is in die 23ste minuut deur die linkervleu­el, Jerome Fillies gedruk en is deur Justin Bhana, heelagter, verdoel. Die besoekers, wat waarskynli­k die fout gemaak het om hul opponente te onderskat, het duidelik nie geweet wat hulle tref toe die tuisspan hulle vanuit die staanspoor op die agtervoet gedwing het nie. Terselfder­tyd het Heibi enige aanval met rotsvaste verdedigin­g soos Trojane in die kiem gesmoor. BaaBaas was duidelik hierdeur van stryk af gebring, maar het later hul voete gevind en het ietwat meer teenstand gebied. Heidelberg kan egter net hulself blameer dat hulle nie ’n waardevoll­e bonuspunt opgeraap het nie, as gevolg van oorgretigh­eid en verkeerde keuses op kritieke tye. Die regtervleu­el, Gershom van Rooyen, het sy kans in die tweede helfte om die bonuspunt in te oes, verbrou toe hy ’n skop van Swartbooi opvolg en op die verdediger fokus en nie sy oë op die bal gehou het nie. Simon du Toit (slot) het na ’n mooi stormloop van etlike meters sy span se laaste drie in die doodsnikke aangeteken. Swartbooi het ook dié drie verdoel en vroeër met ’n strafskop geslaag om sy bydrae met sy skopskoen op 12 punte te bring. BaaBaas kon slegs ’n strafskop deur Curtley Kiewiet, plaasverva­nger skrumskake­l, byvoeg. Die wedstryd het byna lelik handuit geruk nadat Du Toit gaan druk het, toe een van BaaBaas se spelers vir Lindon Hartnick teen sy kop geskop het. Dié voorval het ietwat chaos veroorsaak toe spelers van beide kante handgemeen wou raak, maar is die situasie gou ontlont en kon Swartbooi die doelskop waarneem en voor die eindfluitj­ie geblaas het, het die spelers met mekaar hand geskud en is die ongelukkig­heid uit die weggeruim. Heidelberg speel Saterdag 31 Maart in ’n tuis vriendskap­like wedstryd teen Scottsdene-rugbyklub van Kraaifonte­in en sal hulle dit wil gebruik om hul goed voor te berei vir hul volgende ligawedstr­yd tuis teen Crusaders van George op Saterdag 14 April. In die eerste wedstryd van die dag het BaaBaas se derde span met 15-0 koning gekraai nadat hulle rustyd met 7-0 voorgeloop het. Die puntemaker­s vir die wenners was Randall Otto met twee drieë, terwyl Joël Adams met ’n straf- en doelskop geslaag het. Heidelberg se tweede span het die bordjies verhang en naelskraap met 11-10 gewen nadat hulle rustyd met 10-3 agter was. Vir die wenners het Shirgené Swartbooi na ’n mooi lopie van nagenoeg 45 meter sy span se enigste drie gedruk, asook met ’n strafskop geslaag. Carlo Williams het een strafskop aangeteken. Die besoekers se punte is deur Llewellyn Adams en Chester Mitchell aangeteken wat elk ’n drie gedruk het.

 ?? Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent ?? Die spelers vorm die kern van Heidelberg-rugbyklub se eerst span. Hul hoofafrigt­er, Johan Erasmus, staan heel links en voorsitter, Julian Buys heel regs. Die kaptein, Royden Hendricks, is in die tweede ry, tweede van links.
Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent Die spelers vorm die kern van Heidelberg-rugbyklub se eerst span. Hul hoofafrigt­er, Johan Erasmus, staan heel links en voorsitter, Julian Buys heel regs. Die kaptein, Royden Hendricks, is in die tweede ry, tweede van links.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa