Suid-Kaap FORUM

Jy sal kan doen met só ’n PAMPOEN

- San-Marié Cronjé

Die agtste GROOT Pampoenfee­s het weer vanjaar op Heidelberg afgeskop en nie net vir groot pampoene gesorg nie, maar ook genotvolle vermaak. Refentse het ’n groot skare Vrydagaand, 23 Maart gelok. Van pampoenter­t, pampoenkoe­kies tot bokmelkkaa­s en wynproe was daar te kies en te keur. Pieter Smit en Amoré het weer Saterdag die gehoor vermaak. Die pampoene is Saterdag 24 Maart geweeg en die wenner aangewys.

HEIDELBERG Piet Lotz, ’n boer van Riversdal se reusepampo­en het die skaal op 532,4 kg laat kreun tydens die agtste jaarlikse Groot Pampoenfee­s wat Vrydag 23 en Saterdag 24 Maart op die skouterrei­n aangebied is.

Dié knewel is slegs 24 kg ligter as die pampoen wat die huidige Suid-Afrikaanse rekord hou. Dié rekord behoort aan Hugo le Roux wat dit verlede jaar opgestel het met ’n monsterpam­poen van 556 kg. Lotz en sy vrou Elizna is tans koning en koningin van die groot pampoene in die streek met haar pampoen wat die skaal op 438 kg getrek het. Pinkie Swart se pampoen het ’n derde plek verseker met 365,8 kg. Hoewel Swart vanjaar ’n derde plek behaal het, het hy in 2014 en 2015 eerste plekke behaal. Sy 497,5 kg pampoen van 2014 het die vorige SA rekord gehou. Corné van Greunen was verlede jaar se wenner met ’n pampoen van 519,5 kg. Lotz vertel: “Ek het gehoop die pampoen wen ten minste ’n prys omdat ek ’n troue vir vandag moes uitstel. Dit is al die vierde keer wat ek inskryf, maar nog nie een van my pampoene kon oor die 300 kg merk gaan nie. Vanjaar was nie ideaal vir pampoene kweek nie en ek was effens skrikkerig dat die pampoene weereens te min sal weeg.” Adriaan Geldenhuys van Boer Soek ’n Vrou, seisoen 10 se pampoen het 279 kg geweeg. Hy het ’n 9de plek vir dié ‘pampoentji­e’ ingepalm. Daar is pryse tot en met die 15de plek en vir die lelikste en mooiste pampoen. Die wenner stap met prysgeld van R14 000 en ’n wisseltrof­ee weg. Tweede plek ontvang R7 000 en derde plek R3 500. Die man met die mooiste pampoen is Altus Joubert. Die lelikste pampoen is aan Gert van Deventer toegeken.

 ??  ?? Kiara Serch (5) was ’n pampoenfee­tjie vir die dag. Piet Lotz, ’n boer van Riversdal staan by sy kampioenpa­mpoen wat 532,4 kg geweeg het. Foto’s: San-Marié Cronjé
Kiara Serch (5) was ’n pampoenfee­tjie vir die dag. Piet Lotz, ’n boer van Riversdal staan by sy kampioenpa­mpoen wat 532,4 kg geweeg het. Foto’s: San-Marié Cronjé
 ??  ?? Pinkie Swart het vanjaar ’n derde plek met sy 365,8 kg-pampoen behaal.
Pinkie Swart het vanjaar ’n derde plek met sy 365,8 kg-pampoen behaal.
 ??  ?? LINKS: Juanita Kleinhans en Corné van Greunen by die pampoen wat vanjaar vir hulle ’n 7de plek verseker het. Van Greunen was verlede jaar se wenner.
LINKS: Juanita Kleinhans en Corné van Greunen by die pampoen wat vanjaar vir hulle ’n 7de plek verseker het. Van Greunen was verlede jaar se wenner.
 ??  ?? Die kinders het dit veral geniet om rondom die pampoene te speel en daarop te sit terwyl mamma foto’s neem.
Die kinders het dit veral geniet om rondom die pampoene te speel en daarop te sit terwyl mamma foto’s neem.
 ??  ?? Adriaan Geldenhuys (Boer Soek ’n Vrou - Seisoen 10) het sy oog op ’n ander ‘pampoentji­e’ tydens die pampoenfee­s gehad. Hier is hy by sy 279 kg-pampoen waarmee hy ’n 9de plek gewen het.
Adriaan Geldenhuys (Boer Soek ’n Vrou - Seisoen 10) het sy oog op ’n ander ‘pampoentji­e’ tydens die pampoenfee­s gehad. Hier is hy by sy 279 kg-pampoen waarmee hy ’n 9de plek gewen het.
 ??  ?? Altus Joubert (feesorgani­seerder) het ’n Atlantic Giant-pampoen ingeskryf.
Altus Joubert (feesorgani­seerder) het ’n Atlantic Giant-pampoen ingeskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa