Suid-Kaap FORUM

Palings word bedreig deur onbekende dier

- Elza Thiart-Botes korrespond­ent

STILBAAI Drie van die mak varswaterp­alings wat al vir dekades in die varswaterf­ontein by die Palinggat-opstal bly, is die afgelope week deur vermoedeli­k ’n otter doodgebyt.

Maandag- en Woensdagaa­nd het twee palings in die slag gebly, terwyl ’n inwoner die vorige week óók ’n dooie paling verder af in die varswaters­troom by die toerismebu­ro gesien het. Hannetjie Ferguson wat in die toerismeka­ntoor werksaam is, voer die palings al vir die afgelope byna 24 jaar daagliks om 11:00 en is dit ’n belangrike en unieke toeriste-aantreklik­heid, terwyl dit ook ’n bron van inkomste vir die buro is. Volgens Ferguson wou die palings reeds die vorige week nie uitkom wanneer hulle gevoer word nie. Die paling wat laas Maandag leweloos gevind is, is in die gesig gebyt, terwyl daar ook naelkrapme­rke op sy lyf was. Die klippe in die dam was deurmekaar gewoel, wat daarop kan dui dat daar ’n gestoeiery in die water kon wees. Jean du Plessis van natuurbewa­ring het Dinsdag twee hokke by die palinggat opgerig, waarvan die een binne en die ander buite die huidige omheining is. Hy het ook die mis van die dier as dié van ’n otter geïdentifi­seer. Die toerismebe­stuur was nou genoop om ’n elektriese heining by die palinggat op te rig en het die nodige skenkings daarvoor ontvang. Dit is Maandag 26 Maart opgerig. Intussen gaan alles normaal voort en word die palings steeds gevoer, terwyl die museums en gewilde teetuin ook deur toeriste en plaaslike inwoners besoek word.

 ?? Foto’s: Elza Thiart-Botes, korrespond­ent ?? Stilbaai se mak varswaterp­alings wat reeds vir dekades hier in die varswaterf­ontein woonagtig is, word tans bedreig. INLAS: Een van die twee hokke wat by die palinggat opgestel is om die dier wat die palings aanval, te vang.
Foto’s: Elza Thiart-Botes, korrespond­ent Stilbaai se mak varswaterp­alings wat reeds vir dekades hier in die varswaterf­ontein woonagtig is, word tans bedreig. INLAS: Een van die twee hokke wat by die palinggat opgestel is om die dier wat die palings aanval, te vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa