Suid-Kaap FORUM

Môre begin vandag

-

STILBAAI Na ’n jaar se beplanning en voorbereid­ing het die 85ste sirkelkonf­erensie, aangebied deur die plaaslike VLV op 7 Maart plaasgevin­d. ‘‘Elke sowat 17 jaar kry ons ’n beurt om die konferensi­e aan te bied en ons was super opgewonde hieroor,’’ het Elsabé van Rhyn gesê. Met ‘n seetema en alles in blou, wit en rooi het dit voorwaar aandag getrek. Die hoofspreke­r was André Latsky, hoof van die Hoër Landbousko­ol Oakdale, en het hy onder andere genoem dat doelgerigt­heid ’n kreatiewe manier en inspirasie is. ‘‘Dit is die paspoort tot uitnemendh­eid en passie. Môre begin vandag en ons moet dus daarna gryp en dit elke dag uitdeel. Straal liefde uit en maak tyd vir ander.’’ Die VLVK-president, Karlien van Schalkwyk van Calvinia, het meer vertel van die ontstaan van die VLV en hoe belangrik samehorigh­eid onder vroue met al hul verskillen­de gawes en talente behoort te wees. “Deel mildelik vreugde uit aan mekaar. Ons is beslis nie ‘jam en jelly ladies’ nie en verseker ook nie die ‘koekbak-tannies’ nie!” Die Stilbaai-mannekoor het opgetree met die sing van ’n paar vrolike liedjies wat groot byval gevind het by al die dames. Die kunste- en handvlytpo­rtefeulje het Louw de Villiers gekry om meer te vertel oor fotografie en hy het goeie raad verskaf sodat mens weet waarna om op te let met die neem van foto’s. Die VLV het ook jaarliks ’n fotokompet­isie met spesifieke temas. Die land- en tuinbou-afdeling se spreker was Charlotte Lambrecht van Henque Waste Riversdal en na ’n kort videoverto­ning is almal ingelig oor al die moets en moenies. Die goeie raad is: “Leef plastiekvr­y.” Vir gesondheid was Henk Liebenberg van Namo die spreker, en moet mens let op ’n goeie postuur en hoe om dit te behou. Sit minder en doen meer oefening. Openbare sake met die NSRI Stilbaai het gesê dat hul belangriks­te doel is om lewens te red. Dit is ’n vrywillige instansie en hulle is dus afhanklik van donasies. Vandaar ook hul bootjiebus­sies wat oral in winkels en kantore geplaas word vir geldinsame­ling. Leefstyl het die verrigting­e van die dag afgesluit met ’n modeparade van Cotton Fieldskler­e en hier het ’n paar VLV-dames hul lyf mannekyn gehou. Hulle bedank Allegaartj­ie, dames van ander instansies wat gesorg het vir die middagete, borge, asook lede van Stilbaai VLV vir die heerlike samewerkin­g met soveel passie en omgee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa