Suid-Kaap FORUM

Huis onder RIOOL

- Wilma Adamson

ALBERTINIA Riool het by die toilet, wasbak en bad van ’n huis in Stasiestra­at Vrydagogge­nd 23 Maart uitgespuit en binne minute oorstroom. Die eienaar van dié huis se huishulp het hom die oggend geroep nadat sy agtergekom het dat die water van die wasmasjien nie wou dreineer nie. Hy het die wasmasjien geskuif om te kyk of dit sou help, maar etlike oomblikke daarna het die huishulp hom weer geroep en geskreeu dat daar moeilikhei­d is.

‘‘Dit is toe dat duisende liters riool opgestoot en oor die toilet begin stroom het. Ons het alles wat ons in die hande kon kry voor die deur gegooi om die gemors te probeer keer, maar dit was tevergeefs. Binne minute is die rioolwater regdeur ons huis en het by die voordeur uitgestroo­m. Daar was soveel riool in die stelsel dat dit tot van onder die teerpad begin deursyfer het.’’ het hy aan Suid-Kaap Forum vertel wat die toneel besoek het. Hulle het vinnig besef dat dit nie hulle riool is wat besig is om uit te spoel nie, maar dat daar elders fout moet wees en het die munisipali­teit gekontak. Twee munisipale werkers het gou opgedaag en het dadelik aan die werk gespring om die toevloei te stop. Daarna het hulle begin om die gemors op te ruim en ook met water weg te spuit. Volgens die eienaar was hy in ’n stadium enkeldiep in riool. “Die riool wat nie weggespuit kon word nie, is met kalk toegestroo­i. Ons het die munisipali­teit gebel om die gesondheid­sinspekteu­r uit te stuur, wat ongeveer 16:00 opgedaag het. Hy het alles wat in die huis was - ons meubels, kos, klere, skootreken­aar, televisie... alles tot niet verklaar en moes dit verbrand word. Ons het slegs die klere aan ons lyf oorgehou. Sewentien jaar van ons lewe was binne oomblikke in die drein af.’’ Sy vrou noem dat vriende hulle gehelp het om klere te koop tot tyd en wyl die versekerin­g uitbetaal. ‘‘Die versekerin­g het vir twee dae se hotelverbl­yf betaal, wat die enigste plek was waar ons so gou blyplek kon kry, maar daarna was ons op onsself aangewese. Tans bly ons by my ma op Mosselbaai en moet ons daagliks in en uit na ons werk op Albertinia ry.’’ ’n Dooprok wat haar oumagrootj­ie 40 jaar gelede gemaak het, het in die riool gedryf. Twee ander huise het ook deurgeloop, hoewel hul skade baie minder was. Een van die huise het volvloerma­tte gehad wat uitgehaal moes word, terwyl van die antieke meubels in die ander huis ook skade opgedoen het. In Desember verlede jaar was daar in Bosduifstr­aat ’n soortgelyk­e voorval waar die mense volgens hulle ook bykans alles verloor het. Hessequa-munisipali­teit het in kommentaar genoem dat daar ’n verstoppin­g in die hoofriools­telsel was, wat deur ’n 2-liter koeldrankb­ottel veroorsaak is. Dit is moontlik deur ’n lid van die publiek in die stelsel gegooi. Volgens die direkteur van tegniese dienste, Harold Basson, is die geaffektee­rde gebiede volledig ontsmet. “Die huise is onmiddelli­k deur die munisipali­teit opgeruim en is dit uitgevoer volgens wat die finansiële regulasies dit toelaat.” Volgens die munisipali­teit moet ’n rioolstels­el by ’n huishoudin­g so gebou wees dat riool, in geval van ’n verstoppin­g by ’n lae punt buite die erf uitloop en nie in die huis nie. “Dit blyk dat die stelsel by die geaffektee­rde huise nie aan die vereiste voldoen nie en was dit die hoofrede dat die riool in die huise uitgeloop het. Huiseienaa­rs moet die eise vir skade by hul versekerin­g indien.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa