Suid-Kaap FORUM

Vrou met Mandrax aangekeer

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Borgtog van R10 000 is aan ’n 26-jarige vrou van Mosselbaai op Dinsdag 27 Maart toegestaan nadat sy in die hof verskyn het op aanklag van besit van Mandrax. ’n Ma van ’n drie maande oue baba is die oggend om ongeveer 02:20 gearrestee­r toe die polisie die taxi waarin sy ’n passasier was, by ’n padblokkad­e op die N2 afgetrek en deursoek het. Daar is beslag gelê op ongeveer 2 200 Mandrax-tablette ter waarde van R220 000 wat tussen die baba se klere versteek was. Sy is op die toneel gearrestee­r en toegesluit. Die baba was saam met haar. Haar borgtog is later die middag deur ’n onbekende man van Mosselbaai, vermoedeli­k ’n buitelande­r, betaal. Sy verskyn weer op 26 Mei in die hof. Intussen het die polisie ook ’n man gearrestee­r nadat daar op twee daggaplant­e, onderskeid­elik 1,5 en 2 meter hoog beslag gelê is. Die 30-jarige beskuldigd­e is op die plaas, waar hy vermoedeli­k werk gearrestee­r, nadat die polisie inligting ontvang en konst. Gershwin Hartnick dit ondersoek het. Die daggaplant­e is in die beskuldigd­e se tuin by sy huis gevind. Hy het Dinsdag 27 Maart in die hof op aanklag van die kweek van dagga verskyn en is op waarskuwin­g vrygelaat. Hy moet weer op Maandag 9 April in die hof verskyn. Adjudant-offisier Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoo­rdvoerder rig ’n waarskuwin­g aan alle dwelmhande­laars dat streng teen hulle opgetree sal word. Hy het sy dank en waardering teenoor die D-skofperson­eel, onder leiding van sers. Daniel Moos uitgespree­k om veral dié euwel hok te slaan.

 ??  ?? Die Mandrax-tablette waarop beslag gelê is.
Die Mandrax-tablette waarop beslag gelê is.
 ??  ?? Van links is konst. Adri Buys, sers. Daniël Moos, konstabels Ivan Goliath, Gordon Ntozini en Arthur Rowe. Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent
Van links is konst. Adri Buys, sers. Daniël Moos, konstabels Ivan Goliath, Gordon Ntozini en Arthur Rowe. Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa