Suid-Kaap FORUM

Mandeladag vieringe

- Clive Pretorius korrespond­ent

HEIDELBERG Hierdie dorp het ook Mandeladag gevier en verskeie instansies asook individue het op Woensdag 18 Julie hul deel bygedra. Verskeie take waaronder die skoonmaak van instansies se persele en om honger magies met lekker warm sop en ’n toebroodji­es te vul, was aan die orde van die dag. Sue Gomes-Luis, eienaar en bestuurder van ’n supermark het besluit om die gesegde, “charity begins at home” inderdaad op hul werkers toe te pas. Om die bekende ikoon se geboorteda­g te vier het 74 werknemers ‘n gelykstaan­de bedrag ontvang. ’n Spesiale koek is gebak om Madiba se verjaarsda­g te vier. Die eerste 100 kliënte het ’n stukkie koek, saam met ’n koppie sop gekry. Magdalena Lotz, was die eerste gelukkige kliënte. Cassie Koen, eienaar van een van Heidelberg se bekendste viswinkels, het sy deel bygedra deur ’n lekker bord kerrie-en-rys, nie net aan sy gereelde klante te gee nie, maar ook aan die vele mindergego­ede inwoners van die dorp. Janette du Plessis en Jacky Gildenhuys van Heidelberg­biblioteek het die oggend koek en tee aan die eerste 100 besoekers voorgesit. Later die middag het hulle ook sop en toebroodji­es aan behoeftige­s gegee. Duivenhoks-biblioteek se personeel, Lizomene Hendricks, Johan Williams en Volenté Hoogbaard het die seniors van die senior burgerklub met voordrag en sangitems in tradisione­le drag, vermaak. Dit was tydens ’n funksie van die Kleine Pikkewyne-kleutersko­ol in die Duivenhoks-gemeenskap­saal.

 ??  ?? Sue Gomes-Luis, eienaar en bestuurder van ’n supermark staan heel regs saam met Magdalena Lotz. By hulle is van die werknemers.
Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent
Sue Gomes-Luis, eienaar en bestuurder van ’n supermark staan heel regs saam met Magdalena Lotz. By hulle is van die werknemers. Foto’s: Clive Pretorius, korrespond­ent
 ??  ?? Hier staan Cassie Koen saam met vier van die ongeveer 100 gelukkiges wat kerrie-en-rys ontvang het.
Hier staan Cassie Koen saam met vier van die ongeveer 100 gelukkiges wat kerrie-en-rys ontvang het.
 ??  ?? Janette du Plessis en Jacky Gildenhuys van Heidelberg-biblioteek het met hul uitstallin­g van boeke en foto’s oor Nelson Mandela gespog.
Janette du Plessis en Jacky Gildenhuys van Heidelberg-biblioteek het met hul uitstallin­g van boeke en foto’s oor Nelson Mandela gespog.
 ??  ?? Hierdie vier personeell­ede van Heidelberg Spar het Mandeladag vieringe geniet. Van links is Ivedene Lewack, Elzetta Nixon, Danusha Februarie en Stanley Murray.
Hierdie vier personeell­ede van Heidelberg Spar het Mandeladag vieringe geniet. Van links is Ivedene Lewack, Elzetta Nixon, Danusha Februarie en Stanley Murray.
 ??  ?? Lizomene Hendricks, Johan Williams en Volenté Hoogbaard.
Lizomene Hendricks, Johan Williams en Volenté Hoogbaard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa